
Filed under: Gedigte & Lirieke | Tagged: gediggie, new beginning, poem | Leave a Comment »

Filed under: Gedigte & Lirieke | Tagged: gediggie, new beginning, poem | Leave a Comment »
Hierdie liedjie van die group “Live” sit nou al ‘n paar dae in my kop vas. Die betekenis is nogals diep. Dis opgedra aan ‘n vriendin van die groep wat gesterf het in ‘n motorongeluk. Al haar organe is geskenk en sy’t nuwe lewe gegee aan ‘n ander persoon wat sou sterf.
“Lightning Crashes”

lightning crashes, a new mother cries
her placenta falls to the floor
the angel opens her eyes
the confusion sets in
before the doctor can even close the door
lightning crashes, an old mother dies
her intentions fall to the floor
the angel closes her eyes
the confusion that was hers
belongs now, to the baby down the hall
oh now feel it comin’ back again
like a rollin’ thunder chasing the wind
forces pullin’ from the center of the earth again
I can feel it.
lightning crashes, a new mother cries
this moment she’s been waiting for
the angel opens her eyes
pale blue colored iris,
presents the circle
and puts the glory out to hide, hide
Filed under: musiek | Tagged: lightning crashes, live | 5 Comments »

As die idiote in hierdie land nog nie kan raaksien en agterkom net HOE erg regstellende aksie ons land opneuk nie, dan gaan hulle lyk dit my van nou af maar moet VOEL! Hierdie is nou die 2de saak wat hof toe gaan en ek hoop hierdie keer word daar nie net buite die hof geskik nie, maar dat die saak offisieel gewen word!
Nóg ’n saak waarin ’n wit polisie-offisier weens haar velkleur bevordering na ’n sleutelpos geweier is en die pos daarna jare lank vakant gelos is, word binnekort in die arbeidshof aangehoor.
Die hof sal dus tog gevra word om te besluit of regstellende aksie belangriker is as dienslewering, het mnr. Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, gesê. Dié vakbond voer die saak namens die offisier, kapt. Renate Barnard.
Die eerste verhoor van dié aard, waarin vier wit forensiese wetenskaplikes in die polisie die weiering van hul bevordering betwis het, sou aanstaande maand begin, maar die SAPD het aangebied om dit buite die hof te skik.
In Barnard se saak het die destydse polisiehoof, komm. Jackie Selebi, self ingegryp en haar aanstelling in ’n nuwe sleutelpos in die SAPD se nasionale inspektoraat, die klagte-ondersoekafdeling, in Pretoria, verbied.
’n Keuringspaneel het Barnard twee keer aangewys as die beste kandidaat vir die pos van superintendent in die inspektoraat, wat geskep is om diens aan die publiek te verbeter.
Die inspektoraat ontvang klagtes oor dienslewering van die publiek en ondersoek dit.
Die pos is in September 2005 geadverteer. Barnard het saam met verskeie ander kandidate daarvoor aansoek gedoen. Die keuringspaneel het ná onderhoude ’n punt van 86,67% aan haar toegeken. Dit was 17,5% meer as die punt wat hulle aan die enigste ander ernstige kandidaat, ene kapt. Shibambu, toegeken het.
Die paneel het bevind die verskil tussen Barnard en Shibambu is só groot dat dienslewering in gedrang sou wees as Shibambu die pos kry.
Hulle het dit aan Barnard toegeken, maar die afdelingskommissaris, ene asst.komm. Rasegatla, het besluit die pos moet weens regstellende aksie nie gevul word nie.
Die pos is egter ’n jaar later weer geadverteer en Barnard het weer daarvoor aansoek gedoen.
’n Keuringspaneel het weer beslis sy is die enigste realistiese kandidaat wat die pos kan behartig.
Rasegatla het dié keer besluit dit moet aan haar toegeken word.
Nogtans het Selebi haar aanstelling afgekeur op grond daarvan dat dit nie regstellende aksie sou bevorder nie. Hy het die pos toe afgeskaf.
Barnard is steeds ’n kaptein en beklee dié rang nou reeds 12 jaar lank.
Die arbeidshof in Johannesburg sal die saak van 16 November aanhoor.
- Die Burger
Filed under: Aan die Ernstige front... | Tagged: Affirmative Action, Regstellende Aksie | Leave a Comment »
Cockroaches can live for 9 days after their head has been cut off.

The world’s largest amphibian is the giant salamander. It can grow up to 5 ft. in length.

The first coast-to-coast telephone line was established in 1914.

A car traveling 100 mph would take more than 29 million years to reach the nearest star.

In Cleveland, Ohio it is illegal to catch mice without a hunting license.

In Sweden there is a ski-thru Mcdonalds.

Pinocchio is Italian for “pine head.”

In York, excluding Sundays, it is legal to shoot a Scotsman with a bow and arrow.

Filed under: Snaaksighede... | Tagged: funny facts, Snaakse feite | Leave a Comment »

Ek het so rukkie terug ‘n dvd gekoop op afslag en toe ek dit wou kyk, gesien dis verkeerde “region” en dit nogals verkoop deur my local movie rental winkel. Sit toe maar die ding eenkant want onnosele ek het die slippie weggegooi. Dit was immers ‘n movie op special en wie sou kon raai die bleddie ding gaan nie speel in my dvd speler nie. Elk geval, slim vang sy baas en gisteraand kyk ek en manlief dit op die pc. Gelukkig het ons goeie klank en ‘n ordentlike video kaart.
As daar nou wragtag een fliek is wat ek sweersekerlik ‘n paar keer sal kyk, dan is dit hierdie een. Tranetrekker deluxe, maar ook snaaks en vol wysheid. Dit laat mens dink oor die lewe, en hoe jy dit ervaar. Laat jou wonder of jou intensies altyd op die regte plek sit en of mens nie so bietjie “vain” raak met tye nie.
Kyk hierdie fliek – dis rêrig baie goed! Tot my man het ‘n traan of twee weggepik…
Kort beskrywing:
When Jason Stevens’ impossibly wealthy Grandfather, Red Stevens, dies, he figures the “reading of the will thing” will be another simple cash transaction. Instead, Red devises twelve tasks, twelve “gifts” that Jason must accomplish in order to receive his inheritance. The Ultimate Gift is based on the best-selling novel of the same name from author Jim Stovall
Dis beskikbaar vir onder ‘n R100 by Kalahari.net (EN dit sal die regte “region” wees) :-)
Kliek op die prentjie hieronder as jy belangstel om dit te koop
Filed under: Allerlei | Tagged: fliek met lewensles, goeie flieks, The Ultimate Gift | 1 Kommentaar »