Hoe klink ‘n Milkshake met SKOP ?
Hierdie het my man per toeval ontdek so paar jaar terug en vandat ek hom ontmoet het, is dit ‘n instelling as ons by die SPUR of enige gelisensieerde restaurant kom wat milkshakes op hul menu het….
Hy was saam met vriende by die SPUR, en vra toe vir ‘n Chocolate Milkshake, en ‘n tot Tequila asook ‘n tot Whiskey, om apart te drink. Wat doen die kelner? Gooi die Tequila en die whiskey innie milkshake…hy’t nie verstaan dat dit 3 verskillende items was nie…wel, my man, ‘n bok vir sports, proe toe die spulletjie en siedaar…yum-yum!
Ek DARE jou, probeer dit, jy sal nie spyt wees nie! En as jy dit by die huis wil maak:
1 bak chocolate flavour roomys (nie sorbet nie!)
Paar tots Tequila
Paar tots Whiskey
Gooi die roomys in ‘n mengbak. Dis ‘n skat-skat storie die, ek meng genoeg vir 2 mense elk vir ‘n milkshake glas wat omtrent 500ml vat – min of meer
Dan vir elke glas ‘n tot whiskey en ‘n tot tequila
Meng goed (met elektriese klitser)
en skink en drink!
Waarskuwing:
Jy gaat dalk effe op jou ore loop as jy meer as 1 glas drink, maar hel, dis lekker! Enjoy!!
Filed under: Bak & Brou | Tagged: chocolate, don pedro, melkskommel, milkshake, sjokolade, tequila, whiskey







Kloppertjie mens gaan die goed mos agter die lekker aan drink!!! Ek gaan dit probeer en sal kom terug rapporteer!!!
Ek sal ook nou nie eers met jou kan raas nie want jy het ons mooi duidelik laat verstaan dat daar ‘n waarskuwing by hierdie resep is. Dankie
Dit klink baie lekker. Ek gaan dit beslis probeer met ons volgende ladies night.