Jolie kraam in kalmte
Los Angeles. – Angelina Jolie het op 12 Julie met panfluitmusiek op die agtergrond die lewe aan haar en Brad Pitt se tweeling geskenk.
Angelina het ook ’n CD met voëlgeluide, lopende water en Boeddhistiese dreunsang gevra om te verseker ’n kalm atmosfeer heers in haar kraam-saal – én dat Brad en James Haven, haar broer, in haar hospitaalkamer bly die nag voordat sy kraam.
Volgens ’n bron het Brad haar hand tydens die hele geboorte van sowat ’n uur vasgehou en haar vertel hoe goed sy vaar
Kyk, ek wil nou nie snaaks wees nie, maar is hierdie tipe van ding rêrig nodig? Ok ok, hulle doen hul deel vir world hunger en neem kinders aan by die dosyne maar soms, net soms is dit een te veel, en doen hulle dinge wat my stom laat…
Die vrou het ‘n keisersnee gehad, whoop-di-doo! So haar nou vertel “hoe goed sy doen?” En dan al daai musiek in die kraamsaal ens – ok, dit kan ek seker nog verstaan maar om dit laat klink asof sy nou “hard werk” terwyl dit ‘n keisersnee is?
Ek weet ek is seker nou maar net “bitchy”, maar ek raak lekker ge-irriteerd met mense wat allerande weird en “wonderful” dinge doen en so “aansitterig” is ook nog…hoekom altyd so oordrewe gaan met ‘n ding?
Oh wel, hulle kan seker doen wat hulle wil, my motto is tog “live and let live” maar ai…ek kan maar net lag in my mou…
Filed under: Allerlei | Tagged: angelina jolie, angelina jolie gives birth, hollywood celebs, hollywood stars and their fetishes, hollywood sterre




Nee kyk jy is beslis nie bitchy nie. Ek dink ook die lot kan somtyds baie aansitterig en over the top wees. Hoekom kan sy nou nie haar babas op ‘n dood gewone manier he soos alle ander ma’s nie? Dit moet altyd anders wees. Maar soos jy se live and let live, maar dit is somtyds maar moeilik as mens sulke stront lees.
Dankie tog ons is nie almal dieselfde nie. Die lewe sal maar vrek vervelig en saai gewees het.
Maar ek wil tog met die tong in die kies se, ek’s bly meeste van ons het nie die ‘Hollywood streke’ nie
Dit maak my kots van siekheid oor die beheptheid oor ” sterre” . Duidelik weet AJ nie wat dit is om te kraam nie. Mense wat vir hulle ikons kry en die goed n afgod van maak , is betreurenswaardig fuckt up!
Jong, ek dink geld en aansien maak van jou iets wat jyself nie gedink het jy sal wees nie! Dan is daar natuurlik die media ook! Hulle dink seker omdat hulle is wie hulle is, mag hulle enige iets doen soos hulle wil, hoe vreemd ookal! Dis net om anders te wees!
Soos n pel altyd se , wat verskil hulle van ons , hulle p is en k@k nes jy.