Ek kry gisteraand hierdie sms:
"The Charity that we sponsor, Guild Cottage, has burnt down.
The Kids are being housed in a church.
Please bring clothing, bedding, matrasses and any other
essentials tomorrow to work.
Sorry for the short notice"

Short notice se dinges - die brand het nie "notice" gegee nie...
ek sal foto's neem môre om hier op te sit.
Guild Cottage is die charity waar ek laasjaar gehelp het
om 'n groentetuin te doen ens saam met my werk.
Die plek word bestuur deur 'n fantastiese vrou, Erika.
Vir die wat nie weet nie, Guild Cottage is in Parktown, JHB, en
hierdie plek kyk na se*ually abused en traumatised
kinders - ouderdomme van die kinders
wissel - so jonk as 5 jaar oud tot 17 jarige tieners. Daar is
gewoonlik enige getal tussen 10 en 20 kinders.
Ek weet nog nie die volle extend van die brand nie, maar
dit klink erg. Ek en my man gaan môre daar verby ry en
kyk wat die omtrek van die skade is en
na die kerk toe gaan waar hierdie kinders
nou tydelik gehuisves word.
Daar was gisteraand darem ‘n noeming van die brand
gewees op Talk Radio 702 en
die komberse, matrasse ens is uitsorteer, en
hulle het kos tot Maandag.
Hulle benodig wel toiletries en onderklere vir die kinders.
Sodra ek meer info het sal ek laat weet.
As enigeiemand dalk kan help in enige formaat, asb, ek
sal dit inniglik waardeer. Ek en manlief gaan so
paar rand vat wat ons kan afstaan en seep,
toiletpapier, sjampoe ens koop.
Ek neem aan die groot problem gaan kom met die
regmaak van die gebou om
dit weer leefbaar te maak. Ek sal uitvind of
hulle versekering gehad het of nie. Omdat
dit ‘n charity is, twyfel ek sterk.
Hierdie plekkie lê my baie na aan die hart - as mens
eers daar was en in daai kindergesiggies vasgekyk het en die
hartseer en eina in hul oë gesien het, vergeet
mens dit nooit. Hulle het glimlaggies maar die
ogies is leeg, sonder gevoel, agv
dit wat either hul ouers of 'n familielid
aan hulle gedoen het...
Gaan loer gerus na hul website
www.guildcottage.co.za
Nog 'n sad bysaak - die Guild Cottage is 'n
Suid-Afrikaanse "monument" wat
al sedert 1907 in gebruik is vir hierdie doel.
Dit wys tot op Mapstudio se
Street Guides as landmerk.
Ek hoop van harte die plek sal kan herstel word sodat
die kinders weer 'n "tuiste" het - seker
die enigste stabiele environment wat
hulle ken wat nou in vlamme was!
Filed under: Allerlei



Kloppertjie – ek het baie dogterklere tussen 8 en 12 jaar om te skenk. As ons iets kan reël dat jy dit kry – ek is net ‘n pissie en ry nie verder as midrand se grens nie en is goed rigtingbedonderd. Leet weet maar hier!!
Hi Kadoes! Baie dankie! Ek het vanmiddag meer inligting gekry. Dit lyk of vir nou, die kindertjies gesorteer is met al die dringende behoeftes. Ek is so verlig! Maar ek sal beslis nog daai kleertjies vir hulle wil vat, mens kan noooooit genoeg klere hê vir sulke jong kindertjies nie! Bly jy in PTA of in JHB?
Skies ek antwoord so laat – ek bly in Pretoria, Wonderboom Suid (Moot) omgewing. Ek trek die einde van Mrt en die klere is reeds is sakke omdat ek dit nie nog wil saamtrek nie. Ek gee dit met plesier.