Hoe fiks is jy?

Ja nee, ek sal ook so bietjie effort moet insit. Die ding sê ek is nie fiks nie maar ook nie onfiks nie. So bietjie effort, en ek sal eventually daar kom! Ha ha!  :-)


Fun QuizzesMyspace QuizzesQuizzes

Die seisoen vir jou…

Everlasting Love…

sadness

 

I’m sitting here in the study, looking at your picture.
Wondering why you couldn’t be a part of my future.
Uncontrollable tears stream down my face,
while my heart beat starts to race.
Asking God why He took you from my life,
it was more painful than stabbing me in the heart with a knife.
I still needed you here,

you were the one to make everything so clear.
you are apart of me and I am apart of you
when you died a part of me died too. 

Even though I can’t see,
I know you’re up there watching over me.
I miss you more and more everyday
In my heart you shall forever remain.

Love you Dad

Die lewe is ‘n struggle…

Ons almal deal met struggles – whether dit daaglikse werks issues is, of persoonlike probleme by die huis, kinders wat jou mal maak met hul nukke en giere, die verlies van ‘n geliefde, moeilike familie lede, finansiele druk, ag, die lys kan aangaan, maar wat doen mens met al die stress wat elke dag net opbou en sonder end net meer en meer word?

 

As jy ‘n geliefde verloor, hoe kom mens oor daai skok en die hartseer? Meeste van ons druk daai pyn net in ‘n hoek en probeer vergeet daarvan, maar een of ander tyd haal dit mens en, en soms is dit soos ‘n ticking time bomb, ready to explode, en dan kan niemand verstaan wat die dinges met jou aan die gang is nie.

 

Dan neuk mens maar net weer voort tot “next time”, sonder om iets daadwerkliks aan die oorsprong van die probleem te doen en daardeur te werk om berusting en vrede te vind. En wat ek vind ook is dat die mense wat so sterk is en maak of hulle die wêreld op hul skouers kan dra, nie eintlik so sonder emosie is nie, hul verrig wel wondere om dit te probeer wegsteek, want hulle is bang om teleur te stel. Hulle is daar vir almal behalwe hulself, en dit in sigself is die grootste fout wat mens kan maak. Hoe kan jy die mense om jou support as jy nie eens jou eie issues kan hanteer nie?

 

Ek self het so paar probleempies, whether dit direk of indirek my problems is of nie, maar ek het plan gemaak en daar sal aan gewerk word. Saterdag is sommer die 1ste afspraak by ‘n kopdokter. Soos ek altyd preek vir mense, baby steps, one at a time…

 

Ek hoop darem die antie het ‘n lekker couch waarop ek kan gemaklik raak…

 

My 1ste stappie however was om iets te doen wat ek nie vroeër voor kans gesien het nie. Ek wou iets doen, iets maak om my Pa te onthou. Dit maak baie seer om daarna te kyk maar in ‘n mate help dit, hoe, weet ek nie maar dit doen…ek dag ek share dit met julle…dalk help dit ook…soos Blixertjie met haar extreme loss deal, deur stadig maar seker meer te interact, so sal ek meer en meer probeer doen en praat oor dinge wat my Pa behels. Nie soseer hier op my blog nie, maar in my daaglikse lewe. My Pa was so groot deel van my lewe dat dit net nie reg voel om my gedagtes oor hom net “eenkant” te skuif oorlaat dit seermaak nie….ek weet nie of dit goed of sleg is nie, maar ek doen wat ek voel reg is? Ek hoop dit is…

 

pa1

 

Die Boodskappie op die poster is die laaste sms wat my Pa vir my gestuur het op Kersdag, hy is ‘n week later oorlede. Ek sal sy woorde nooit vergeet nie. Dis pragtag maar op dieselfde tyd, nou na hy nie meer

daar is nie, wonder ek of hy dalk geweet het hy gaan nie meer vir te lank leef nie, dalk wou hy klaarmaak met die lewe hierso op aarde, dalk…..dis eintlik so helse woord, want ek sal nooit weet wat hy gedink het nie…

Guild Cottage brand af!

Ek kry gisteraand hierdie sms:
 "The Charity that we sponsor, Guild Cottage, has burnt down. 
The Kids are being housed in a church.
 Please bring clothing, bedding, matrasses and any other
 essentials tomorrow to  work. 
Sorry for the short notice"
 img_1063
Short notice se dinges - die brand het nie "notice" gegee nie...   
ek sal foto's neem môre om hier op te sit.
Guild Cottage is die charity waar ek laasjaar gehelp het 
om 'n groentetuin te doen ens saam met my werk. 
Die plek word bestuur deur 'n fantastiese vrou, Erika. 
 Vir die wat nie weet nie, Guild Cottage is in Parktown, JHB, en 
hierdie plek kyk na se*ually abused en traumatised 
kinders - ouderdomme van die kinders
 wissel - so jonk as 5 jaar oud tot 17 jarige tieners. Daar is
gewoonlik enige getal tussen 10 en 20 kinders.
 Ek weet nog nie die volle extend van die brand nie, maar 
dit klink erg.  Ek en my man gaan môre daar verby ry en 
kyk wat die omtrek van die skade is en
 na die kerk toe gaan waar hierdie kinders 
nou tydelik gehuisves word. 
 Daar was gisteraand darem ‘n noeming van die brand 
gewees op Talk Radio 702 en 
die komberse, matrasse ens is uitsorteer, en 
hulle het kos tot Maandag. 
Hulle benodig wel toiletries en onderklere vir die kinders.
 Sodra ek meer info het sal ek laat weet. 
As enigeiemand dalk kan help in enige formaat, asb, ek
 sal dit inniglik waardeer. Ek en manlief gaan so 
paar rand vat wat ons kan afstaan en seep, 
toiletpapier, sjampoe ens koop. 
 Ek neem aan die groot problem gaan kom met die 
regmaak van die gebou om 
dit weer leefbaar te maak.  Ek sal uitvind of 
hulle versekering gehad het of nie. Omdat 
dit ‘n charity is, twyfel ek sterk.
 Hierdie plekkie lê my baie na aan die hart - as mens
 eers daar was en in daai kindergesiggies vasgekyk het en die 
hartseer en eina in hul oë gesien het, vergeet 
mens dit nooit. Hulle het glimlaggies maar die 
ogies is leeg, sonder gevoel, agv 
dit wat either hul ouers of 'n familielid 
aan hulle gedoen het...
 Gaan loer gerus na hul website 
 www.guildcottage.co.za 
 Nog 'n sad bysaak - die Guild Cottage is 'n 
Suid-Afrikaanse "monument" wat 
al sedert 1907 in gebruik is vir hierdie doel. 
Dit wys tot op Mapstudio se
 Street Guides as landmerk.
 Ek hoop van harte die plek sal kan herstel word sodat 
die kinders weer 'n "tuiste" het - seker
 die enigste stabiele environment wat 
hulle ken wat nou in vlamme was!