Hoe om ‘n katjie ‘n pil te gee…’n MOET lees!

 1. Plaas jou katjie in die buig van jou arm asof jy n klein baba vashou. Sit
jou regter wysvinger en duim aan beide kant van sy snoetjie en oefen
versigtig druk uit, terwyl jy die pil in die ander hand gereed hou.. Sodra
jou katjie sy bekkie oop maak, gooi die pil in en gee die katjie die
geleentheid om dit af te sluk.
2. Soek die pil op die vloer en gaan haal die katjie agter die bank uit.
Plaas die katjie weer in die ronding van jou arm en herhaal die proses.
3. Gaan haal die dêm kat uit die slaapkamer en gooi die nat pil in die drom.4. Neem n nuwe pil uit die dosie, plaas weer die kat in jou arm, terwyl jy
beide voorpote stewig vashou. Forseer sy kake oop en druk die pil binne in
sy mond met jou regter wysvinger. Hou die kat se bek vir ten minste 10
tellings toe.

5. Haal die pil uit die visdam met die klein netjie en gaan haal die
briesende kat bo van die kas af. Roep nou jou maat uit die tuin uit om jou
te kom help.

6. Kniel op die vloer en dwing die kat tussen jou kniee vas, neem sy
pootjies in n baie stewige greep, ignoreer die harde gegrom. Laat jou maat
die kat se kop ferm vashou en dwing sy bek oop met n houtliniaal. Gooi die
pil via die liniaal in sy bek in en vryf jou kat se keel om sy slukproses
aan te moedig.

7. Haal die besimpelde kat van die gordyn-reeling af en neem nog ‘n pil uit
die dosie uit. Maak n aantekening om n nuwe liniaal te koop en ook om die
gordyne te laat regmaak. Vee die stukke glas en keramiek van die beeldjies
en potte op sodat jy dit later kan weg gooi.

8. Draai die blasende kat in n groot handoek toe en laat jou maat bo-op die
kat le of sit, sodat net die kat se kop uitsteek onder jou armholte. Suig
die pil met n strooitjie op en forseer die blerrie kat se bek oop. Blaas die
pil, deur die strooitjie, in die kat se keel af.

9. Lees die pamflet deur, om te sien of die pille skadeloos vir mense is en
drink n koue bier om die smaak uit jou mond uit te kry. Ontsmet jou maat se
arm, sit salf op die wond en draai n verband om. Verwyder die bloedvlekke
van die vloer.

10. Gaan haal die flippen kat uit die buurman se garage, neem nog n
pilletjie uit die boks en drink nog n bier. Sit jou kat in die klerekas
sodat net sy kop uitsteek. Forseer sy bek oop en skiet die pil met n kettie
in sy keel af.

11. Gaan haal die skroewedraaier uit die garage en hang die kasdeur terug op
sy skaniere. Soek die whisky bottel, neem n groot sluk en ontsmet die
krapmerke op jou wange. Maak seker of jou tetanus-inspuiting nog geldig is.
Gooi jou stukkende trui in die drom en gaan trek ‘n ou overall aan.

12 . Bel die brandweer om die satan-helskat uit die boom uit te kom haal.
Vra jou buurman om verskoning vir die taalgebruik en neem die laaste pil uit
die dosie.

13. “Tape” beide voorvoete van die tierkat aan mekaar vas met “duct tape”.
Bind hom stewig aan die poot van die eetkamer-tafel vas met n stuk ankertou.

Trek jou “welding gloves” aan, druk die pil in n stukkie vleis en tap n
groot glas vol water. Hou die klein bliksem se kop agteroor, gooi die vleis
in, gevolg deur die hele glas water, hou sy bek toe vir 5 minute.

14. Neem die bottle whisky en drink hom leeg. Vra jou maat om jou, so gou
moontlik, by Ongevalle te kry, want jy word al lighoofdig van die
bloedverlies. Laat hulle jou vingers en voorarm vas werk en die laaste pil
uit jou oog uit verwyder.. Bel onderweg vir ‘n meubelwinkel om n nuwe
eetkamer-tafel te bestel.

15. Bel ook die Animal Shelter om te reël dat hulle die gemuteerde
satanskind van n helkat kom haal en stop by die “petshop” om te vra of hulle
nie dalk klein hamsters het nie.

2 Responses

  1. Jou slim “Tjint” !!

  2. hehe ; – )

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: