Nie so blou, maar stil Maandag…

Hi almal! Wel, vandag is Maandag, nou nie ‘n bloue juis nie, maar wel Maandag….en vir een of ander rede is ek tjoepstil….daar gaan nie veel in my gedagtes aan nie, dis ‘n blank….ek weet nie juis wat om te sê nie…..ek is maar net stil…kry my dae…soms is ek so stil jy kan met my toor…ander daggies kekkel ek non-stop…my sterreteken is Vis, so dit behoort als te sê, ek glo nou nie juis aan al die dinge wat elke week in Huisgenoot of waarookal gesê word nie, maar die persoonlikeheids beskrywing is nogals heel in die kol – teruggetrokke, stil, nie ‘n ekstrovert nie…bla-bla…..so, omdat ek vandag in ‘n “stil” bui is…wel, al wat ek het is ‘n ou grap prentjie…geniet!

birdies-with-a-plan.jpg

2 Responses

  1. Hi, ek het so bietjie kom loer. Dit lyk baie oulik. Ek is ook ‘n Vis maar my familie se ek is beslis ‘n grens geval. Eintlik kan hul nie glo ek is ‘n Vis nie. Maar ek verstaan wat jy se, ek voel ook baie so.

    Lekker dag verder. Jou blog is baie nice!
    Koekie

  2. Hi mklopper, ek het nie meer n probleem met die avatars nie. Ek sien myne en almal sin. Is dit jou rekenaar? Dan kan ek nie help nie, maar ek sal jou verduidelik hoe ek myne gekry het, as dit kan help. Laat net n comment op my blog.

    Jou blog uitleg is baie mooi. Ek het nie tyd nie, maar eendag sal ek jou hulp hieroor vra.

    Ek is n Libra. Ek het ook my ups-en-downs. Of miskien is ek manies-depressief?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: