Griep is soos slegte vrinne…

calvinandhobbes91.gif

 En daar het jy dit….my “af” gevoel van gister, toe nou nie my mormone of die sterretekens se skuld nie….dis die bleddie griep wat my so bekruip het! Een oomblik is ek ok, volgende is dit die snotneusie, seerkeel, kopseer….en aaaaaaaaaaargh! Wat ‘n aaklige tyd vir die ding om nou sy kop uit te steek! As ek die d*nner innie hande kry wat daai ding so vrygewiglik vir my aangestuur het…ek breek daai ene se snoet af….dis nou rerig iets wat mens nie hoef te deel nie…wees selfish and keep it! Samblief man!

En hier sit ek, voor my pc in plaas vannie bed….kry so warm ek het skoon die waaier aan hierso…my kop voel of tien atoombomme ontplof het binne innie skedel en al die Vaalrivier se waters storm-stroom by die neusgate af…waar’s die tissues…stop sommer die sluise bot-toe!  Toe maar, sodra ek die ding onder beheer het sal ek dit mooitjies vasvat en in Pandora se kissie loop sit en toesluit laat niemand anders die ene kan kry nie…BASTA!

Ai, en al waaroor ek en my dikkop kan dink is ou Trevor se prekie wat môre op die kassie gaan wees….ek hoop die slimkop laat ons almal bietjie asemhaal en minder vir Jan Taks gee…ek en my man koop huis in hierdie mal mark van ons en dit deur ‘n vriendin wat toe nou nie so ‘n “nice” vriendin is wat ons gedink het nie….die bleddie vrou convince ons mos so 2 jaar terug om saam haar te koop vir herverkoop – lekka vinnige wins…ja wel…daai plek is NOU nog nie verkoop nie…nou koop ons haar maar uit en gaat self daarso bly….die antie neuk mos Skotland toe vir holiday en moontlike kopers val deur die mat…maar nee, moet tog asb nie inmeng en wil help nie, SY het mos ALS onder beheer! Se voet man! Maar nou ja, DUUR les om te leer vertel ek julle! Baie duur les….oh well, een minder kersgeskenk waaroor ons hoef te worry. Ditsem! Soos die lewe maar, solank mens net LEER tog uit die foute…en glo my, business and friendship, aikôna – dit meng nie! So mensies, as daai “deal” wat jou “best pal” vir jou opdis net TE risky is….VERMY dit! Daai 1ste thought van NEE en MOENIE , stick by dit! Dis daai innerlike stemmetjie waarna jy moet luister… dis gewoonlik die regte besluit…maar as mens tog net wil luister en jou nie so maklik laat ompraat nie….wel, nie dat sy maklik dit reggekry het nie, was 3 maande se smeek, want sy IS immers ‘n eiendomsagent en wat kan tog verkeerd loop? Ja tog, last famous words madam, die wiel draai, jy sal sien…daai saai wat jy maai spreekwoord gaat jou nog dwars onner jou g-a-t slaat en ek sal nie naby jou en jou leuens wees om dit te sien nie…DANKIE tog!

2 Responses

  1. Eish, daai virus het jy seker by my opgetel, ek het hom vir Zee ook gestuur!😯

    Sorry hoor, ek kan darem vir jou sê daar is lig aan die einde van die tonnel. Maar jy gaan nog blaf vir weke! Voel gou beter, baie water en slaap help nogal.😉

  2. Hi, ek het vir Dellie ook nou die dag gesê. My man glo aan Med-Lemmon en dan onder die komberse.. Hy glo daaraan om die virus uit te sweet.
    Sterkte.. hoop jy voel gou beter.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: