Van toeka tot nou… Deel 1

Kom ons begin by die begin maar…ek het uit my Ma se maag gepop die 3de Maart 1977 in die Louis Leipold Hospitaal in Belville…was ‘n pokkeltjie van ‘n baba. My Broer is 3 jaar ouer as ek en het gelief om my te verpes – lekker ondeund…

scan.jpg  scan0001.jpg scan0002.jpg scan0003.jpg

Ja nee kyk, die foto waar ek so mooitjies staan en my bikini wil laat waai is omdat ek met my kinder-brein vas geglo het dat die klere is mos nou nat so dit moet AF! Hie-Hie! Needless to say ons het menigte kere rondgehol kaalgat in ons erf daarso in Brackenfell so onderdeur die sproeier in die warm Kaapse son…toe kinders nog kon kinders wees…was darem maar heerlik!
Van Brackenfell het ons getrek na Kuilsrivier in ‘n groter huis in met een helse groot erf – my Pa en Ma was albei baie lief
vir tuinmaak so ons het darem maar ‘n spogtuin gehad…ek soek nog die foto’s, weet nie of ek het nie…ai! Ek en my boetie was baie na-aan mekaar al het ons soms lekker vasgesit – broeder en suster liefde! Ha-ha!
scan00021.jpg  scan00031.jpg
Maar ons was maar meestal soet – my Ma het die pak uitgedeel en o boeta was ons maar lekker bang vir daai belt! Na die tyd by Pa gaat huil!  Nie dat Pa veel simpatie gehad het nie – ons was immers stout! Darem nie soos vandag se dae nie – dit was daai soet-stout kindermoles! Boeta jaag vir sussa om die huis, Boeta steek so per ongeluk die pophuis aan die brand laat die arme brandweer moet kom blus na buurman oor die heining spring en try help maar daai satansvuur kan g’n mens blus met ‘n hosepipe nie….ons het darem die sage oorleef en is na Ma se pakslae vandag nog hier om die storie te vertel…
To be continued…

3 Responses

  1. Ag lekker. Ek dink ek moet ook bietjie in my ou foto’s gaan rondkrap en kyk wat ek kry.

    Sien uit na deel twee!

    Lekker naweek! 😉

  2. Hallo!! Ek hou van jou blog!! Ek is mal oor jou inskrywings en dit is altyd lekker om te sien dat ons almal maar dieselfde voel oor sekere dinge!! Ek is bly jy het my op jou blog gesit!! Ek gaan jou nou try opsit, ek sukkel maar soms met die tegnologie, maar aanhouer wen!!

  3. Dankie Patches – gaan net na jou links en copy en paste my URL wat behoort te wees https://kloppertjie.wordpress.com

    ; – )

    Dellie, jip – gaat soek daai foto’s! he he, ek wil nie die enigste ene wees wat my foto’s en skandes op ‘n blog het nie! ha ha

Lewer kommentaar op patches Kanselleer antwoord