Boe!

cartoon-ghost.gif 

Koue rillings so al af my ruggraat, hare op my nek wat reggop staan, koue wind van agter as ek so in die gang afloop…Dis nou maar net ‘n paar gevoelens wat so by my opkom as ek klaar ‘n riller of spokerige fliek gekyk het….en moenie dink ek sal NABY ‘n begrafplaas verbyloop in die nag as die son onder is nie…aikona!! 

Ek kan nie juis ‘n ordenlike antwoord gee as mense my vra of ek in spoke glo nie, maar ek kan wel die volgende stelling maak: Ek sal nie sê ek glo of ek glo nie in spoke nie. Ek het nog nie een self gesien nie so ek kan nie beaam “Ja”, spoke bestaan wel nie. Ek kan ook nie sê ek glo NIE daaraan nie. Soveel mense het al vir my stories vertel dat dit moeilik is om NIE daaraan te glo nie. Maar ek is neutraal op hierdie stadium. Ek kan tog ook nie anders as om te wonder nie…

 Ek onthou toe ek so 13 jaar oud was, het ek alleen die een dag by die huis gebly toe my Ouma dorp toe is…heel veilig, huis is agter hoë mure, traliewerk voor die vensters en ek was stoksielalleen…maar niks gepla nie…daai dae was mos veilig, en buiten was dit middel van die dag….in elke geval…so is ek toe alleen by die huis en oppad badkamer toe…wou my gesig was of iets, kan nie mooi onthou nie…maar so in die badkamer terwyl ek my gesig afdroog toe hoor ek ‘n stem my naam roep! Baie subtiel, niks hard of so laat ek my boeglam sou skrik nie…Ek staan toe doodstil, roer nie, en wonder…maar my maggies, daai stem klink bekend..BAIE bekend…my Ma se stem! Maar sy leef nie meer nie, so onmoontlik…ek dog toe nee aikona, my brein mors nou met my en ek gaan toe aan met wat ek besig was…maar toe weer…daar is die stem weer! Klink sowaar of my Ma my roep van êrens in die huis af…! En ek het geweet daar is NIEMAND NABY nie…nie eens die bure kon mens hoor nie so daai opsie was uit…dit het by my gespook vir lank…ek was nie bang nie, immers inteendeel, my Ma was ‘n liewe mens. Tot vandag toe weet ek nie hoekom ek dit gehoor het nie. Maar hoor het ek dit gehoor!

 Maar dis nou maar die ergste wat ek al oorgekom het…niks gedrogbeelde of wit vrouens wat sweef ens nie…DIT los ek maar vir die wat die senuwees het om te hanteer! Ek dink ek hardloop laat ‘n stofstreep so agterna trek as ek ‘n gees moet gewaar! Carl Lewis sal lyk of hy die 100m gedraf het soos ek ‘n nuwe rekord sal opstel! 

Spoke en allerlei stories interesseer my geweldig, ek wil nog vir my ‘n boek in die hande kry om te lees oor al die bekende spookstories van Suid-Afrika – Die spook van Uniondale, die spookmeisie daarso by die Du Toitskloofpas in die Wes-Kaap ens ens. Daar is glo heelwat stories te vertelle van Kimberley se wêreld en dan het ek gehoor van ‘n mynersdorpie naby Carltonville – Bank. Was glo ‘n mynplekkie en iets het daarso gebeur dat baie mense dood is…en heelwat spookstories loop daarso rond… 

As iemand vir my kan sê waar ek ‘n ordenlike Afrikaanse boek in die hande kan kry oor al die storietjies en verhale sal ek baie bly wees! Het al Kalahari.net probeer maar kon nog niks opspoor nie… En as julle enige stories het, deel dit met my asb! En ook jul opinies! Sal lekker wees om te weet wie glo en wie nie, ens. 

Spookgroete, Marinda

One Response

  1. Great info – Gulvafslibning | Kurt Gulvmand I’m inquisitive to find out exactly what blog platform you’re using? We are experiencing several minor safety issues with my blog plus I would wish to locate something better and secure. Do you have some solutions! Oh yeah how about Egypt wonderful media stories Regards … Flash Factory

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: