Vloek soos ‘n Matroos, of is dit nou, soos ‘n Afrikaner?

Kyk, as daar net een persoon is wat vir my kan verduidelik HOEKOM spesifieke woorde nou juis gekies was destyds as vloekwoorde sal ek op my kop staan en Hansie Slim sing… Ek persoonlik dink dis meer die konteks waarin ‘n woord, enige woord, gebruik word wat dit kan klassifiseer as vloek of net ‘n normale beskrywende woord…maar as daar nou EEN woord is wat my ‘n menigte kere in die strooi laat beland het toe ek grootgeword het, dan is dit hierdie een… 

Betekenis van “FOK”

Die pennevrug van prof. Johan Combrinck, voormalige Voorsitter van die Taalkommissie van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns.

DIE UNIEKE AFRIKAANSE “FOK”
Een van die interessantste, kleurvolste woorde in Afrikaans, is die leenwoord fok en sy familie. Dis ‘n towerwoord wat, bloot deur sy klank, vreugde of pyn, liefde of haat, ontdekking of frustrasie kan weergee.
Fok is een van die min woorde wat die funksie van byna alle
woordsoorte kan vervul.
Dit word as oorganklike werkwoord gebruik (Fok die hele spul), en as onoorganklike werkwoord (Aag fok), as bevel (Fok dit!), in die bedrywende vorm (Dit het my gefok), sowel as die lydende vorm (Nou is jy gefok), as die hoofelement in ‘n hele reeks skeibare werkwoorde (aanfok, opfok, uitfok, toefok, voortfok, byfok, agteroorfok, agternafok), ens of as stam van ‘n werkwoord (Nou het jy die hele ding befok).

As abstrakte selfstandige naamwoord (Ek gee nie ‘n fok om nie), of as persoonsnaam (Het jy gesien wat die fokker probeer doen?), as nabepaling by ‘n vraagwoord (Hoe de fok, wie de fok, hoekom de fok, wanneer de fok, ens.), as byvoeglike naamwoord (Waar moet ek die fokken tyd vandaan kry?), as bywoord (Dis nou ‘n fokken mooi grap), en as uitroep (O fok!).

Selfs ook as invoegsel (Onge-fokken-looflik). Dit kan ook in homself ingevoeg word (Nou is jy be-fokken-fok).

Hierdie Afrikaanse woord kan gebruik word om wyd uiteenlopende situasies te beskryf:
Verrassing: Hoe de fok gaan dit met jou?
Bedrog: Die motorhawe het my befok.
Ontsteltenis: Ag fokkit!
Moeilikheid: Nou is ek in my moer in gefok.
Aggressie: Fok jou!
Moedeloosheid: Hoe de fok moet ek dit regkry?
Walging: Fok my!
Wanbegrip: Ek fokken verstaan nie.
Inkompetensie: Hy fok alles op.
Gesag: Wat de fok dink jy doen jy?
Verdwaal: Nou weet ek not ‘n fok waar ek is nie.
Oortuiging: Onge-fokken-twyfeld.

Dit kan horlosietyd beskryf (Presies half-fokken-vyf), of omstandighede (Hoe het ek in hierdie fokken job beland?), of persone (Jan Fokken Smuts), of dinge (Kyk hoe lyk jou fokken skoene!), of plekke (Tot in fokken Durban), of dit kan die siel van ‘n uitnodiging wees wat van hartlikheid drup (Fok u!).

Fok is in Afrikaans onge-fokken-ewenaard! 

Ai! Daar is nou maar nie ‘n mooier taal om jou emosies mee uit te druk nie!

8 Responses

  1. Fokking oulik!

  2. mensgemaakte woorde is nie vloek nie….wat my aanbetref is net Godslaster ‘vloek’ …die res is ok

  3. 😆 Nou is ek f…. deurmekaar!

  4. Die meeste afrikaanse vloekwoorde is eintlik nie vloekwoorde nie.

    Anyway, F#$%#@@ nice inskrywing!

  5. Uitmundende kommentaar neef! Ek wil platkuif se gedagte dat behalwe as dit Godslater is dit vloek, verder vat. Daarmee saam, kan ENIGE woord wat gebruik word om behalwe God, ook iemand ander te vloek, ‘n vloekwoord word. Dit beteken as ons se “Michael is ‘n regte so en so”, dat so-en-so ook ‘n vloek uitspreek. Gaaf.

  6. ahahaha pragtig!

  7. Fokken mooi storie

  8. Regarding women, colors like darkish, magic and burgundy maybe right for them or they may also desire to attempt espresso and glowing sounds.
    These spectacles exist which attribute lens that are shaded, polarized or dark.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: