Bin Laden, Islam en sy oorlog met die Weste

As daar nou een ou is wat die klits kwyt is, wat woorde kan verdraai dat selfs die Muslims deurmekaar raak en hom glo en dit waarvoor hy staan, dan is dit nou Osama Bin Laden. Die man, of altans, genadelose duiwel homself, skep die verkeerdste beeld wat daar is van Islam. Die Muslim gemeenskap se naam en dit waarvoor hul eintlik staan, is NIE dit wat die terroris uitbeeld nie… ek het al baie geleer en leer nog elke dag nuwe dinge. Ek gesels gereeld met my muslim vriend in Egipte, as ek vrae het, dan antwoord hy dit vir my so eerlik as wat mens sweersekerlik kan kry, en dis dan wat mens besef net hoe kompleks die wêreld van ons is en hoe mens die grootste fout onder die son kan maak om te “veralgemeen”.

Hierso is ‘n skakel om bietjie meer kennis te hê – dis redelike goeie inligting oor Bin Laden – waar hy vandaan kom, waar het hy van die bus afgedonner en al daai dinge.

http://www.cfr.org/publication/9951/#1 

 Ek sal in die week wat kom meer inligting gee oor Islam self en dan sal julle kan sien hoe Islam eintlik saamgestel is en hoe mens nie Bin Laden, die man met seker die grootste “bounty” op sy kop in die geskiedenis, kan vergelyk en in dieselfde kamp sit as jou gewone, vredeliewende Islam gelowiges nie.

One Response

  1. Ek gaan uitkyk vir jou nuwe posting, baie interessant om te lees van ander nasies.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: