Sneeu op die Drakensberge, 23/04/2008

Ek en my man het Woensdag, 23 April 2008 gevlieg vanaf O.R. Thambo na Margate en omtrent 12h00 se kant  toe ons oor die Drakensberge vlieg toe neem ek paar kiekies van die sneeu…was nogals nice om te sien…

   

Dis darem maar mooi nê!

En toe neem ek sommer ‘n foto’tjie of twee van my Pa se Pitbull, die lieflikste woefie,  of sal ek eerder sê, WOEF. Sy ore is nooit geknip nie so daai liewe gesiggie is darem nie so vreesaanjaend om te aanskou soos wanneer hul ore geknip word nie….maar moenie die dingetjie onderskat nie! Oooooo-neeeee! As jy in daaai yard kom en jy hoort nie daar nie….ta-ta, bye-bye…hoop jou testament is in orde…..he he….

 

En as jy nie van woefies of berge met sneeu hou nie….dan is diepsee visvang dalk jou ding?

Het by een van die bloggers op SSSB gaan kuier – heeeerlike kerrie en stampmielies geëet – Derick en Heleen

Derick het sy eie boot – Sweet Freedom en vat mense uit vir diepsee hengel, haaie terg, dolfyne kielie en sommer net ‘n heerlike oggend op sy boot…gaan boek gerus en Have fun in the sun

Sal ook sodra ek kansie kry die image in my sidebar sit vir future viewing…

Ta, Kloppertjie

 

5 Responses

  1. Ek is bly jy het jou wegbreek tydjie geniet! Sneeu foto’s is pragtig!

  2. Hi Wipneus – dankie! En jip, die korte vakansietjie-tjie by my pa-hulle was lekka…ons het hulle bietjie bederf – ek geniet dit so om dit te doen….die “ou toppie” verdien dit…lief vir daai dad van my! In case jy wonder, ek skeep nie my Ma af nie…sy’s oorlede toe ek 12 was en die stiefma, ag, sy’s seker ok maar dis my Pa wat ek natuurlik na aan die hart dra…

    ; – )

  3. Hallo
    Ek was die 21ste in Barkly oos so 40 km voor die dorp by die Mountain shadows hotel , die afdraai na Rhodes is daar, het die sneeu diep gele orals ‘n sprokie wereld. Teen die Vrydag was daar nog groot kolle sneeu op die grond ten spyte van drie warm sonskyn dae. (ek het twee fotos geblog)

    lekker om hier te kon kuier.

  4. Kloppertjie ek kan sien jy is sommer baie lief vir jou Pa. Mens moet hulle maar bederf, terwyl die kanse nog daar is.

  5. Klop, die fotos van die sneeu is pragtig, jinne maar ek is mal oor sneeu hoor. Dit lyk of jy jou wegbreek lekker geniet het!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: