Xenofobie – se GAT man!

Vanoggend in die Beeld:

Tot 30 000 van SA vlug ook
May 21 2008 09:14:33:067PM  – (SA)

Media24-Afrika-kantoor
  
 

 

Daar is tussen 20 000 en 30 000 “interne vlugtelinge” – van hulle Suid-Afrikaanse burgers – weens die xenofobiese geweld net in en om Johannesburg.

Só sê biskop Paul Verryn van die Sentrale Metodistekerk in die stad.

Verryn, ’n voormalige anti-apartheidsaktivis, het op ’n mediakonferensie gesê hy “hoop dit sal radikaal eskaleer” sodat die regering tot die besef kom dat die werklike redes vir die onrus en grusame geweld werkloosheid, armoede, ’n gebrek aan opvoedingsgeleenthede en die agterstand in dienslewering aan gewone mense is.

Hy het later sy stelling van “hoop” teruggetrek en gesê hy bedoel nie daarmee ’n toename in die tonele van halssnoermoorde en ander geweld wat tans die wêreld ingestuur word nie.

“Die krisis in Suid-Afrika verdiep en versprei na ander dele van die land.”

Verryn het gesê hy is bewus van onrus in Durban en Carletonville en stygende spanning in Soweto en die Vaalgebied suid van Johannesburg.

Hy woon self in Soweto en ’n oproep is eergisternag by sy huis ontvang waarin gesê is: “Ons weet daar woon Zimbabwiërs in jou huis. Ons kom hulle doodmaak. Ons kom hulle aan die brand steek.”

Volgens sy inligting is 12 000 dakloos gelaat aan die Oos-Rand en meer as 8 000 in die Johannesburgse stadskern en Alexandra. Die gebiede wat die ergste geraak word, sluit in Rabie Ridge, Sebokeng en Diepsloot.

“Dié mense, wat hulle tot polisiekantore wend, is nie net buitelanders nie. Van hulle is Sotho-, Venda- en Sjangaansprekende Suid-Afrikaners.”

Verryn het vertel ’n vigswerker van die kerk in Carletonville het in een van die swart buurte afgekom op twee mans wat mense geld aanbied om na die Oos-Rand te vertrek en daar te “gaan werk” – bedoelende om vreemdelinge met geweld te gaan uitdryf.

Die vigswerker het dit toe goedgedink om die voorval by die polisie op Carletonville aan te meld “net om uit te vind dat die polisie die twee mans geleide doen en beskerm”.

Verryn sê hy het inligting dat professionele mense soos buitelandse onderwysers nou deur groepe geteiken word. ’n Skool in Jeppe is gewaarsku dat daar teen hulle opgetree gaan word. Hy kon nie die naam van die skool verstrek nie, maar het gesê prof. Mary Metcalf, voormalige LUR vir onderwys in Gauteng, is bewus van die voorval.

Talle van die vlugtelinge probeer huisvesting by polisiekantore kry. Verryn sê daar was teen gisteroggend 2 000 by die Jeppe-polisiekantoor, 800 elk by die Alexandra- en Bramley-polisiekantoor en 1 200 by Oos-Randse polisiekantore.

“Polisiekantore is nie toegerus om hierdie mense te help nie.”

Ek persoonlik dink hierdie het beslis NIKS met Xenofobie uit te waai nie, dis klomp armes wie se vertroue in die ANC geskend is, mense wat nie gekry het wat hul beloof is destyds nie…WELKOM-WELKOM tot die realiteit julle dom idiote…nou haal julle jul frustrasie uit op die arme vlugtelinge van Mosambiek en Zim…dink julle nou rêrig jul  probleme gaan opgelos word deur mense lewendig te brand, mense aan te val met panga’s, messe en  hell knows what else…

Julle is pateties, BARBAARS. Ek het absoluut GEEN SIMPATIE met julle dom f*cknuts wat geen respek vir jul medemens het nie…

Dit bring my op nog ‘n topic, ons tronke is alklaar oorvol, en JULLE HOORT daarso! You take a life, we take your life, jou menseregte moet ontneem word, summier! Dadelik, en jy moet C-max toe, permanent…

Hoe klink ‘n tronk in die middel van die Karoo, daar waar dit bloedig warm word, ‘n helse groot kanaal met ‘n elektriese stroom in die water reg rondom die tronk, ‘n valbrug wat slegs deur ‘n maksimum sekuriteits kamer beheer kan word, en sou iemand daaroor wil hardloop en probeer ontsnap, nevermind dan nog die helse hoë mure met elektriese draad, ogiesdraad en al wat ‘n ding is wat jou MOER toe sal sny laat jy ‘n stadige dood sterf sou jy dit DURF waag om te probeer ontsnap…maar not to worry, die elektriese stroom in die kanaalwater sal jou bewusteloos skok laat jy versuip nog voordat jy by daai nagmerrie kan uitkom…

En DIT klink als ongenaakbaar CRUEL vir jou? Nee wat, dis NIKS in vergelyking met wat julle nou besig is om te doen in die lokasies en gebiede waar die arme buitelanderse probeer ‘n lewe maak nie, nes jy, ook net wil bestaan, leef in vrede…

Julle gun niemand niks, nie jou mede-Suid-Afrikaners nie, nie jou buurman nie, niemand nie, dis mos net JY wat tel, JY wat te nagekom is, JY wat als VERNIET wil hê terwyl die res van ons ons gatte afwerk vir die klein bietjie wat ons het, om ‘n toekoms te skep vir ons kinders, en kleinkinders, en die se kinders ens.

Maar jy dink mos nie verder as wat jou neus lank is nie, dis net JY wat NOU tel, f*k die res…

Sal sien waar dit jou bring, kyk maar net klaar waar het dit Suid-Afrika gebring sedert 1994, ons boer agteruit, NIE vorentoe nie! Nie meer nie in elke geval, en statistieke het dit bewys…

So neuk voort, een van die dae is net JY oor in hierdie land van ons, eensaam en verlore want almal om jou gaan weg wees, en JY alleen gaan in die genade oorgelaat word van ‘n wonderlike land wat sy gat gesien het, AS GEVOLG VAN JOU SELFSUGTIGHEID, INHALIGHEID en LACK OF COMMON SENSE…

 

 

 

 

 

 

 

22 Responses

  1. Hehehe! Jy het so mooi ‘gebedel’ vir HITS op http://bosparra.com

    So, hier’s ‘myne’!

    Nice post by the way….. Hoop jou ‘gemoed’ voel beter? 😉

  2. hi,nogal waar wat jy se,hier in die wes-kaap het ons nog nie sulke problems nie,gauteng nie vir my,jy ook in die it busnisse,ek het ook nou my msce gedoen. lekka dag

  3. Ek het kom inloer. Goeie rant!!

  4. Hi,goed gese!!!

  5. Die biskop Paul Verryn is ‘n ou met ‘n goeie hart, maar ek glo nie hy kry veel ondersteuning nie.

  6. goed gedoen ek dink baie van ons voel soos jy

  7. Ek wil ook sê ek was hier.

  8. n Hit vir jou ne….ek was hier….LOL

  9. Nog een!! Hehehe

  10. Kloppertjie,

    Ek voel nes jy!

  11. Nou wag ek virrie moderation ding. frok tog!!

  12. Ek het kom inloer….Oulike post😉

  13. Hier is ek ook…..

  14. Ja ek skud ook maar net my kop, niemand gee meer vir iemand om nie, hulle is so sonder gewete.

  15. Ook kom hallo sê!!

  16. Om watter rede moet jy die week die 2,000 kerf haal?❓

  17. Ek dink jy’t gese wat baie van ons in ons harte voel, well done!
    Het lekker gelees aan jou blog, sal weer kom loer🙂

  18. Stem saam……maar moet die arme mense in die Karoo so gestraf word? Omkopery vir ontsnapping sal daar altyd wees. Probleme het gisteraand hier in die Kaap ook begin.

  19. Dankie vir al die comments mensies ! Oulik van julle! Ek sal die moderation ding afhaal, dis maar net makliker ook vir my om comments te lees want ek kry dit als in my e-mail…

    La-di-da, Ek soek hits want ek gaan dalk ‘n link op my site sit vir ‘n spesifieke company en enige sales wat hulle kry agv my link gaan ek kommissie op kry…so ek wil my hits hoog kry dat ek kan wys ek het darem “traffic” hierso…he he…ek sal net meer moet begin post ook om aanhoudend hits te kry…

  20. O ja, Sorry, Willa, ek het maar net gedink die Karoo kan lekkkkkkeeerrrr warm word dat die blikskottels in die tronk kan voel of hulle in die hel self is…LOL

  21. Uhm, daai elektriese stroom rondom die tronk in die karoo – word dit met ESKOM krag gedryf? Daar mag jy dalk ‘n probleem he!

    Of een van die dom drolle wat by die tronk werk, sal dalk vergeet om die valbrug weer op te trek.

    Eish!

  22. Ok, ek was ook hier om jou ‘n ‘hit’ te gee!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: