Moet ons nie maar ophou moan en groan nie?

Count Your Blessings!

Count your blessings instead of your crosses;
Count your gains instead of your losses.

Count your joys instead of your woes;
Count your friends instead of your foes.

Count your smiles instead of your tears;
Count your courage instead of your fears.

Count your full years instead of your lean;
Count your kind deeds instead of your mean.

Count your health instead of your wealth;
Love your neighbor as much as yourself.

Author Unknown

 

Hoe waar is hierdie net nie – hoekom moan en groan ons altyd oor als in ons lewens ? Hoekom is dit dat net ‘n handjievol van ons besef hoe geseënd ons eintlik is?

Het jy ‘n dak oor jou kop?

Het jy ‘n warm bed om in te slaap?

Het jy klere wat nie uitmekaar val nie?

Het jy iemand wat lief is vir jou, hetsy dit ‘n vriend is, ‘n wederhelfte, ‘n kind, ‘n ouer, ‘n werk kollega?

Het jy ‘n werk?

Het jy kos elke dag om te eet?

Het jy ‘n gelukkige kinderlewe gehad?

Het jy skool toe gegaan, onderwys ontvang?

Het jy al jou ledemate nog?

Het jy ‘n “clean-bill of health” ?

As jy kan “JA” antwoord op slegs een of twee van die bogenoemde, dan is jy bevoorreg om meer in jou lewe te hê as miljoene ander mense in die wêreld!

Ek het gister op Google gesoek na ‘n webtuiste waar daai ouens wat elke jaar die kalenders doen van hierdie voet, mond en kop skilders – gestremde mense met een helste talent…my ouma het altyd hierdie kalenders in die pos gekry, dan die staan kalender gekoop en ek kon nie help om te bly staar na al die skilderye wat hierdie gestremde mense doen nie, dis ongelooflik wonderlik! En absoluut pragtag! En dan voel ek so verleë, want hier sit ek, het al my ledemate, het geen gebrekke nie, en ek sit op my gat en laat my talente verlore gaan, ek kla oor die simpelste goed, terwyl hierdie mense, gebreke en al, sorg dat dit NIE in hul pad kom nie…ek kry skaam vir myself, vir my medemens wat nes ek altyd net die sleg wil raaksien en nie die seëninge in ons lewens waardeer nie…

Maar so toe met die soek na hierdie webtuiste wat ek toe nie kon opspoor nie, kom ek op ‘n ander webtuiste van Bethany Hamilton. En ek kry ‘n knop in my keel toe ek haar biografie lees!

Op 13 was sy ‘n fantastiese Surfer, het sy kompetisies gewen, sy is pragtag en talentvol! Toe besluit Mnr Haai hy vat haar arm…

Soos ek toe dadelik dink is, “hel, wat nou? Wat gaan die arme kind nou doen?”

Ek lees toe verder….die meisiekind was terug op haar surfboard binne enkele weke! EN sy WEN weer kompetisies! Haar teenstanders moet als insit om haar te kan klop! Sy surf fantasties – met een arm minder!  Gaan lees haar storie, dis fassinerend!

www.bethanyhamilton.com

Laat sak ek weer my kop in skaamte…

18 Responses

  1. More Kloppertjie,

    Ware woorde hier van jou. Ons is ondankbare wesens wat kla oor alles. Vandag gaan ek net positief wees!

    Lekker naweek vir jou!😉

  2. Jy kan bly wees ek lees jou blog raak!

    Mond en voetskilders kan gekontak word by:
    http://www.mouthandfootpaintersrsa.com of queries@mouthandfootpaintersrsa.org

    Tel: 011 970 2065

    ciao

  3. Skoor, jy’s ‘n ster! Dankie jong!

  4. Stem Kloppertjie, ons moet ophou kla en die lewe geniet!

  5. jip – dis hoekom ek deesdae my dinges pluk op SSSB, almal wil net baklei heeltyd, ek het daai Marie lekka ingevlieg, wonder of sy ooit dit gelees het want snaaks genoeg het sy my nog nie ingevlieg nie…ai!

  6. Hehehe, ja Marié. Ek het so ‘n boodskappie vir haar gelos. Maar sy is eintlik vreeslik entertaining as jy dit eers ‘n dag na die tyd lees.😆

  7. Dis goed om so nou en dan so ‘n tipe storie te lees, dan besef mens weer hoe bevoorreg jy eintlik is.
    Ai, ou Marie(sy gaan my doodmaak oor ek nie ‘n aksent op die ‘e’ sit nie, maar ek wetie hoe nie)…solank sy net smile en goed voel elke keer as sy my ‘perm-op-pote’ noem, hiehie, want ek dink sy smile te min!

  8. Ok Kloppertjie ek vang die skimp hoor. LOL
    Sal nie weer baklei nie. Is in elk geval gesê om in my se moel in te vlieg. hehehe Ja ou Mariè!!

    Ek dink ook mens moet ophou kla. Party kla regtig met witbrood onder die arm.

  9. Hi Kloppertjie,
    Ja ons mense is geneig om te kla, as ek by my ma oor iets gekla het dan het sy altyd gesê, die 2de wêreld was baie erger, die mense het sonder koppe geloop, het haar nooit gevra hoe loop `n mens sonder `n kop nie, nou is dit te laat om te vra.

  10. :bz
    (*)
    :-J
    ;-@
    $-)
    %%-
    ;))

  11. Hi daar Kloppertjie,

    Het net gou kom hallo sê, ek het jou skrywe geniet en stem 100% saam met wat jy sê, alles draai mos om geld , haat en K@K en kerm oor alles, as mense tog net kan kla oor alles en lyk my mos dit is aansteeklik as een begin kla, kla almal gewoonlik saam,

    Lekker dag vir jou, so op die lekker lui Sondag,

    Ida

  12. hallo,
    toevallig op jou blog afgekom, vind jou opinie oor die moslemgeloof interessant. ek dink egter jy het ‘n oorgeromantiseerde beeld van hulle.
    kyk asb die you tube video http://youtube.com/watch?v=rACj2_7_orY en vra jouself af of jy werklik daarmee geassosieer wil word.
    onthou dat die Iraniers nie arabiere is nie, hulle is Persiers, terwyl die pakistani’s van indiese oorsprong is. so jou verskoning van eeue oue arabiese praktyke as rede vir vroue se mishandeling hou nie water nie.
    goed gaan

  13. Hi Stephen, bly jy het dit geniet. Ek het wel al voorheen vir iemand wat die Islam goed gelees het op my blog gesê dat ek is geensins ‘n deskundige nie, ek leer soos wat ek inligting bekom en en kyk verder as wat meeste mense kyk om te sien wat is wat. Ek is seker die inligting hierso op my blog is maar ‘n fraksie van als wat daar is dus is dit baie moontlik dat ek nie al die feite het nie, maar ek weet ook dat nie alle Moslems sleg is nie. Ek kan gelukkig sê ek ken ‘n hele paar persoonlik en nie almal is hierso van Suid-Afrika nie. Dis maar ‘n moeilike onderwerp en soos met enige ander Godsdiens of kultuur topic sal mens nooit 100% ooreenstem nie. Jou bydra is uiteraard altyd welkom.

  14. Praat jy so,ek het vandag skaam vir myself gekry.Ek het groceries gaan koop en oppad huistoe dink ek so by myself:”shit,nou moet ek al die kak gaan uitpak” Maar dadelik besef ek hoe bevoorreg ek is om nog kos te kan koop,baie mense sal wat wil gee vir al daai goed en dit met die grootste plesier uitpak.Ek wou my kop ook in skaamte laat sak.

  15. Somehow i missed the point. Probably lost in translation🙂 Anyway … nice blog to visit.

    cheers, Ego!

  16. Sorry Ego, unfortunately this blog is mainly Afrikaans

    :- |

    I basically said that we should stop moaning and groaning about everything all the time and be happy about what we DO have, not forever sulk about the things we don’t have in life…we should be grateful

  17. Ek wil net groot dankie vir my LIEWE VADER se dat ons net met dankbaarheid moet wees vir alles wat HY vir ons gee.n Bed-Warm huis-Warm liefde-Warm kombersie-Warm kosies-en al die Warmte wat daar gepart saam gaan.Maar daar is die wat nie dankbaar is nie.Hulle wat te veel het maar nie wil deel nie.Maar weet julle wat ons het baie.ONS GETROUE GOD.WAT NOOIT SY WERKE LAAT STAAN.Gee net n glimlag en se ek is lief vir jou.

    LIEFDE
    NICKY

  18. AND BE HAPPY!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: