Pitbulls – Die Waarheid!


Pitbulls laat meeste mense se hare regop staan, hulle gaan selfs sover om te sê hulle haat die honde.
Daar is ‘n helse wanopvatting van hierdie WONDERLIKE honderas.
My Pa se Pitbull, ou Boelie, is die pragtagtste, liefdevolste hondjie ooit. Hy slaap in die huis in sy eie bedjie, hy is ontsettend gehoorsaam, hy “praat” met my Pa, soos as die deur dalk toe is laat hy my Pa baie mooi verstaan dat dit nou tyd is dat hy uitgaan om sy ding te doen. Hy is lieflik met kinders, en ‘n waghond soos nog nooit gesien nie. 
Maar hoekom dan haat meeste mense hierdie honde so baie? Ek het op ‘n fantastiese website afgekom waar hulle als mooi verduidelik. In Amerika is daar ‘n hele paar organisasies wat die mense probeer onderrig en wys dat hierdie honderas NIE die probleem is nie, dis die MENSE wat hulle verkeerd oplei vir baklei.

www.pitbullsontheweb.com

http://www.thetruthaboutpitbulls.org

Die Amerikaanse Pit Bull Terrier was die NOMMER 1 familie hond

 gedurende die 1ste deel van die 20ste eeu! 

 So, wat het fout gegaan??

 Die verkeerde mense het besef hierdie honderas is ongoddelik lojaal en gretig om hul eienaars gelukkig te maak

Volgens die Amerikaanse Honde Temperament Toets Assosiasie, het 82,5% van die American Pitbull Terriers wat die toets gedoen het, geslaag, waar slegs 77% van alle ander honderasse, geslaag het.

 In die toets word die hond in ‘n reeks verskillende tipe konfrontasies gesit en die geringste teken van aggressie of paniek beteken ‘n onmiddelike druip. 

 

 

Pitbulls het die 4de hoogste slaagsyfer van al 122 honderasse wat getoets is.
 Die Alabama Hooggeregshof het bepaal dat daar is absoluut geen genetiese bewyse dat enige honderas meer gevaarlik as ‘n ander is nie.

 Dit is geskat dat daar +- 60 000 Pitbulls in die stad van Chicago alleenlik is. Die syfer is so hoog omdat mense met die honde teel vir die verkeerde redes. Meeste van die honde leef in ‘n aggressiewe omgewing en dis hoekom alhoewel 95% van hierdie diere mishandel word, ons amper nooit te hore kom daarvan nie.

 Een analogie is, dat as daar skielik ‘n toename van mense is wat beseer word in motor ongelukke waarvan die voertuie rooi is, sal rooi karre geban word? Nee! Common sense sal voorskryf dat rooi is meer gewild as ander voertuig kleur keuses.

 Hondegevegte is die nommer 1 mishandeling teenoor die Pitbulls in stedelike gebiede. Amper elke arrestasie wat gemaak word in Amerika teen dieremishandeling is as gevolg van die wreedheid teenoor die Pitbulls. Dieremishandeling en misdaad gaan hand aan hand.

 Dit is tyd dat mense ophou om hulself blind te staar teen die OORSAAK van die probleem wat tans gevind word met Pitbulls.

 Die seer wat jy sien in die honde se oë hieronder is die hartseer realiteit!

 

Moenie die volgende ‘n mis gee nie, kyk daarna en lees die stories – sommige met tragiese eindes, ander met suksesverhale. Maar hou die snesies naby, dis ‘n tranetrekker…ek het begin huil soos ‘n babatjie toe ek dit als lees…HAAT is wel ‘n sterk woord, maar

 EK HAAT ENIGE MENS WAT DIERE MISHANDEL EN EK WENS DIESELFDE LEED KOM HUL TOE WAT HULLE OOR HUL DIERE BRING.

 Waarskuwing – bevat baie grafiese en ontstellende foto’s

 

 

 Dit is hierdie einste kwaliteite van die Pitbull naamlik Kammeraadskap, intelligensie, lojaliteit, braafheid en opleidings-gewilligheid wat die kriminele elemente aantrek tot hierdie honderas en hulle die meeste kwesbaar maak.

   Die kriminele leer die honde brutale metodes van hoe om te baklei met ander honde, tot die dood , en ook om  hul eienaars te beskerm gedurende dwelmhandel. Terg, slaan en uithonger is mees algemeenste metodes.  Ander mense se troeteldiere(katte, honde en hase) word gebruik vir aas om die aggresiewe houding wat afgedwing word, erger te maak.

 Een hond het metaal bottelnekke vasgeryg onder sy vel gehad sodat hy in konstante pyn kon wees en sodoende totaal en al aggressief kon optree die hele tyd! Totale afsluiting van sosiale bande is van toepassing (opgesluit in motorhuise, agterplase, verlate geboue) en vererger die situasie ook geheel en al.

 Hongevegte is ‘n sadistiese “sport” waar 2 honde in ‘n ring geplaas word en forseer word om te baklei totdat een hond dodelik beseer is, of dood is. Bakleiende honde word lewend uitmekaar verskeur. As die hond wat die geveg verloor, oorleef, mag die hond aan die brand gesteek word, of gelos word om te sterf, of verwurg word deur ‘n  frustreerde eienaar.

 Een hond was aangeval deur die sy Mafia eienaar nadat hy ‘n geveg verloor het. Hy het die hond se kop onder sy kar se wiel gesit en oor hom gery. Duisende rande word gebie op ‘n enkele hondegeveg. Hierdie vorm  van dobbel word gesien as minder gevaarlik vir die dobbelaars as om met dwelms te werk. Daar is slegs 3 polisiemanne aangestel in die hele Chicago distrik om hierdie tipe wreedheid te probeer stop terwyl duisende honde daagliks betrokke is in hierdie brutale hondegevegte.

Addisionele gevare is ook die feit dat hierdie honde eienaars hul kinders saamvat na hierdie byeenkomste wat hulle onsensitief maak in ‘n alreeds geweldadige gemeenskap. Dieremishandeling inspekteurs rapporteer dat hierdie hondegevegte trek die aandag van individuele wat betrokke is met dobbel, dwelmsmokkelary, onwettige wapenverkope, bendes en prostitusie.

 Die verband met dieremishandeling  en reeksmoordenaars kan ook duidelik gesien word hier – www.thetruthaboutpitbulls.com/crime.php

 Dit is ook heeltemal onakkuraat om ‘n hond se temperament te klassifiseer volgens sy voordrag, bloedlyn en geskiedenis.

 Elke individuele hond moet evalueer word volgens sy eie meriete.

  Daar is ook geen rede hoekom dit gesien moet word dat as ‘n hond beseer of letsels het dat hy / sy nie aangeneem kan word nie. Meeste Pitbulls in Amerika wat opgeneem word in diereskuilings na hulle erg skade aangedoen was voor hulle gered was, eindig op by hierdie skuilings JUIS omdat hulle nie WOU baklei nie en hul eienaars dus van hulle wou ontslae raak. Hierdie slagoffers het dan spesifiek spesiale konsiderasie nodig, nie veroordeling nie!

 Eienaar opleiding en versigtige diere seleksie is die sleutel tot suksesvolle aanneming van diere. Eienaars moet bekwaam wees om die diere te versorg, op te lei waar nodig en al die aandag te gee wat hul toekom.

 Pit Bull Helde

 

STUBBY, Pit Bull Terrier mix, WWI, The most decorated war dog in U.S history

 

   Popsicle, drug sniffing dog for the FBI

 

 Weela, Ken-L Ration’s Honde held van die Jaar (1993)

Sy het 30 mense, 29 honde, 13 perde en ‘n kat gered tydens ‘n vloed in Suid-Kalifornië

Lees haar wonderlike storie hier –  http://www.thetruthaboutpitbulls.org/Weela.php

Wat kan ons doen om hierdie fantastiese honderas te help om hul reputasie en gewildheid terug te wen?

 Help ons om almal te leer dat die Pitbull ras hopeloos te veel onnodige negatiewe publikasies gekry het en ook ‘n regverdige kans verdien tot ‘n gelukkige lewe in ‘n huis waar hulle liefde en versorging kry.

Ek vind op die internet die volgende feite  / stellings: 

A MUST READ….PIT BULLS

 1.) Since 1998, the breed most involved in fatal attacks has  been the **********(don’t want to put any other breeds on the spot), not the Pit Bull.

2.) Although there are no accurate or even near accurate census records for dogs in the U.S., in some populations pit bulls are estimated to comprise some 30-40% of the dog population, making it by FAR the most popular breed. Considering that there are an estimated 53,000,000 dogs in the U.S., and assuming that pit bulls make up 20% of that population, there would be approximately 10,600,000 pit bulls in our society. In 1998, five pit bulls were involved in 2 fatal attacks.
That is roughly ONE dog out of 2,120,000 – or .00004716 percent of the pit bull Population.

3.) Over the 32-year period from 1965-2001, Pit Bulls have been blamed for/accused of an average of 2.48 human fatalities per year.

4.) About 40 people (children) per year die by drowning in 5-gallon water pails. A person, during their lifetime, is 16 times more likely to drown in a 5-gallon water pail than to be killed by a Pit Bull.

5.) Approximately 50 children in the US are killed every year by their cribs – 25 times the number of children and adults killed by Pit Bulls.

6.) Approximately 150 people are killed every year by falling coconuts. Therefore, you are more than 60 TIMES MORE LIKELY to be killed by a PALM TREE than a Pit Bull.

7.) Each year, 350 people drown in their bathtubs. You are 151 times more likely to be killed by your bathtub than you are by a Pit Bull.

8.) Every year, more than 2,000 children in the U.S. are killed by their parents or guardians either through abuse or neglect. A child is more than 800 times more likely to be killed by their caretaker than by a Pit Bull.

9) It is estimated that 5,000,000 dogs per year are killed in shelters. Since in many places pit bulls make up 30-50% of the shelter population, and are less likely to be considered for placement than any other breed, guessing that 25% of those dogs killed are pit bulls is a very conservative estimate. Therefore, it can be assumed that roughly 1,250,000 pit bulls are killed per year. Therefore – it is at least a HALF MILLION TIMES MORE LIKELY that a Pit Bull will be killed by a HUMAN than the other way around.

10) The average Number of people killed by a Pit Bull each year is 3.

11) It can be estimated that for every Pit Bull who kills, there are 10.5 MILLION that DON’T!

This country (USA) wants to ban/destroy 10.5 million innocent dogs for the actions of 0.94% of its category?

 Pitbulls en die Media :

  THE PIT BULL PAPARAZZI

A study by the National Canine Research Council reveals biased reporting by the media, its devastating consequences for dogs and the toll it takes on public safety.
Consider how the media reported four incidents that happened between August 18th and August 21st:
August 18, 2007 –   A Labrador mix attacked a 70-year-old man sending him to the hospital in critical condition.  Police officers arrived at the scene and the dog was shot after charging the officers. This incident was reported in one article and only in the local paper.
August 19, 2007 – A 16-month old child received fatal head and neck injuries after being attacked by a mixed breed dog. This attack was reported two times by the local paper only.
August 20, 2007 – A 6-year-old boy was hospitalized after having his ear torn off and receiving severe bites to the head by a medium-sized mixed breed dog.  This attack was reported in one article and only in the local paper.
August 21, 2007 –  A 59-year-old woman was attacked in her home by two Pit bulls and was hospitalized with severe injuries.
 This attack was reported in over two hundred and thirty articles in national and international newspapers, as well as major television news networks, including CNN, MSNBC and FOX.

“Clearly a fatal dog  attack by an unremarkable breed is not as newsworthy as a non-fatal attack by a Pit bull”  says Karen Delise, researcher for the National Canine Research Council.

People routinely cite media coverage as “proof” that pit bulls are more dangerous than other dogs. Costly and ineffective public policy decisions are being made on the basis of such “proof”. While this biased reporting is not only lethal to an entire population of dogs; sensationalized media coverage endangers the public by misleading them about the real factors in canine aggression.
 
  

 

 Ten slotte:
 Someone once asked a child why animals (dogs and cats) live such a short time compared to humans. The child responded:
” Because we’re all put on earth to learn to love one another unconditionally.
Our pets learn this kind of love so fast, that they don’t have to stay so long.”

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

8 Responses

  1. Ek is so bly oor die post – wens jy kon dit in al die koerante ook sit! Ek het ‘n pitbull en sy is fantasties! Ek het ‘n staffie en vier bullterriërs gehad en sy is my eerste pitbull – ek sal nooit weer ‘n ander hond kry nie. Wil nie met haar teel nie, want ek is bang die kleintjies beland in die verkeerde hande.

    My dogter is 7 jaar gelede (toe sy 5 was) deur ‘n boerboel in die gesig gebyt. En in die afgelope paar jaar het ek hoeveel keer gehoor van kinders en mense wat deur boerboele aangeval is.

    Ek is versigtig met my hond veral as daar maatjies kom speel omdat ek weet sy baie beskermend teenoor my en die kinders is (veral as my man nie by die huis is nie). Toe sy so ‘n paar maande gelede op hitte was wou my man haar laat dek. Ons kry toe ‘n baie mooi reun, maar hy kon niks uitgerig kry nie. Sy wou hom vrek byt! Hulle was altwee aan leibande. Die reun kon nie naby haar kom nie en as ek of een van die kinders aan die reun wou vat het sy mal gegaan. Sy wou ons net beskerm! Ek en die kinders het later in die huis gegaan en later my man ook. Toe eers het sy rustiger geword en aan die reun begin ruik en met hom begin speel. Maar as ons naby kom keer sy ons weg.

    Ek het ‘n ringnekpapegaai wat los rondloop in die huis. Ek het die hond van kleins af geleer om die papegaai uit te los. Sy maak niks aan die papegaai nie. As die hond slaap kom knibbel die papegaai aan haar ore of stert!

    Mense moet net besef dat ‘n pitbull altyd sy eienaar of eiendom wil beskerm. So as hy bedreig voel gaan hy aanval. Maar andersins loop hulle oor van liefde!

    Ek het nie die websites gelees nie – kan nie sulke goed hanteer nie! Ek het slapelose nagte as ek na sulke goed kyk.

    Lekker naweek, Kloppertjie!

  2. Ek het LAAAANK met hulle gewerk, as hulle reg groot gemaak is, is dit die beste ras waaroor jy kan droom. Al die negatiewe publisiteit wat hulle kry is as gevolg van kruisings in die suiwer bloedly

  3. Dis mense wat die arme honde n slegte naam gee.Ek glo nie daar is ‘slegte’ honde nie,maar wel slegte hondeienaars.Dit pis my big time af wat mense met pitbulls doen.Hier by ons is n ou wat met sy pitbull rondry in sy BMW,die hond sit soos n meneer by die venster en uitkyk,en gaan absoluut orals saam die ou,die pragtigste dier,en glad nie aggressief nie.Nee wat,jou hond is wat jy van hom maak.

  4. Ek is baie versigtig vir ‘n pitbull, dit is nie lelike honde nie, maar ek is genuine net versigtig! Ek is gaande oor boerboele, jy kry nie ‘n beter waghond as juis ‘n boerboel nie!! Wat mense NIE besef NIE, ‘n hond maak nie saak watter ras dit is nie, hulle onthou as jy hom of haar seergemaak het, ‘n ander baie belangrike ding om ten alle tye te onthou – moenie ‘ n hond terg of verpes as die hond eet nie!! DIT IS DAN WANNEER DAAI HOND JOU GAAN AANVAL!! As jy jou hond van kleins af reg leer, sal daai hond jou nie teleurstel nie!

  5. Self is ek ‘n German Shepherd fan – maar wat besig is om met die Pitbull ras te gebeur is terrible!
    Ek is lid van ‘n hondeklub en daar is ook ‘n Pitbull – die vriendelikste hond IN DIE KLUB! Ek kan dit eenvoudig net nie kleinkry hoe mens enige dier kan verwaarloos nie – wat nog te sê mishandel! Daar was so ‘n rukkie terug ‘n dokumentêre e-mail oor pitbulls wat die rondte gedoen het – ongelooflik hoe wreed mense kan wees! Thanx dat jy so ‘n volledige artikel daaroor geplaas het!
    Dink jy moet die sommer op Bosparra link – of mail vir Plakuif en laat hy die artikel plaas!~

    Groetnis!

  6. Hi,

    Ek sal nogals daarvan hou dat mense meer gewus word van die feit dat Pitbulls HIGHLY underestimated word en dat hulle eintlik een van die mees fantastiese honderasse is! Moet sê, die artikel is effe lank, so weet nie of Platkuif dit sal plaas nie? Dalk moet hy ‘n artikel oor honde in general doen en ek sal dan my link vir hom gee om by te sit…

    Dankie vir jou voorstel!

    : – )

  7. O ja, wou nog sê, German Shephards is NET so wonderlik, as ek eendag ‘n grooooot erf het, sal ek nie mind om een of 2 te hê nie…veral miskien ‘n “afgetrede” opgeleide een wat vir die polisie gewerk het wat miskien weesn besering nie meer mag hondewerk in die polisie doen nie…daai honde het juis goeie en ordentlike aandag en liefde nodig sodat hulle kan bly “waardig” voel…

  8. Ag weet jy jy, op die ou end van die dag is meeste honde eintlik great – dis net die blêddei homo sapiens wat kom en als rondneuk!
    Ek glo Platkuif sal so iets plaas – probeer dit bietjie verkort as dit nodig is – maar ek dink dis vir ‘n awesome cause – al is dit dan nie spesifiek vir Pitbulls nie maar honde/diere-mishandeling in general! Dan kan jy mos maar net ‘n paar links plaas😉
    Gee dit ‘n try!

    Groetnis!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: