Om te help of nie te help nie? Eish…

Ek lees so Dellie se post vanoggend op Bosparra.com en ek dink by myself – ja nee, mens help mense uit die goedheid van jou hart, en sommige mense waardeer dit, en ander nie. Jy kry mense wat jou uitbuit vir elke bietjie wat jy het – emosioneel nevermind finansieel. Hoe gemaak? So ek gaan ook nou maar “uit-lash” en hoop iemand het raad, want ek is moedeloos!

Ek en my man sit so half-half in dieselfde bootjie as Dellie, behalwe dat ons voel misbruik- ons het ‘n vriend van my man wat nou al 2 jaar+ by ons bly. Hy is in sy 60’s en kan nie werk meer nie (te veel skete). Hy kry wel pensioen nou van die staat want ons het hom forseer om te register ens sodat hy sy eie geldjie kan kry, maar die man maak ons MAL en dan praat ek nie van hoe ons hom support nie.

Hy kry sy geld byvoorbeeld op dag 1 van die maand, dan koop hy vir hom smokes, vir sy kat daai whiskas singles (sy’s oud en het nie meer veel tande nie) en blikkies katkos en omdat hy ‘n artist is, koop hy verfkwassies en allerande art goed wat hy kort om mee te skilder.  En hy is deksels goed maar het nog nie ‘n single painting verkoop gekry nie!! Dan binne daai 1ste 2 weke vandat hy sy geld gekry het is die geld klaar!

Ons vra hom nie rent nie (hy bly in die huis saam met ons), verwag nie dat hy moet bydrae tot kos of niks nie, ons koop tot tandapaste, seep, sjampoe ens maar hy kan nie ordentlik werk met sy geld nie! Ek en my man eindig op om vir hom smokes te koop, nog katkos te koop en al wat ‘n ding is vir 2 weke van elke maand ten minste!

Ons het 4 katte en 2 worshondjies en hy over-feed die katte (hy haat honde so hy ignore net die woefies) en hoe meer katkos ons koop hoe meer voer hy hulle. Ons dink hy gee vir ons bediende ook kos uit die kaste (sy teer seker op sy goedheid) soos , tomato & onion mix, sweetcorn, bully beef, tuna ens.

Hy sal byvoorbeeld ook as die katkos klaar is vooor ons veronderstel is om weer te koop kos uit die kas haal nl tuna en vir die katte gee, of bully beef!!! Julle weet hoe DUUR dit is! En hy het al sommer mince ontvries en vir hulle gegee…Die lys is lank – dan praat ek nie van koffie, suiker, waspoeier ens wat net hopeloos te vinnig klaar raak nie (ek is convinced hy gee dit vir die bediende ook, so bietjies bietjies). Ons weier om nou goed te koop in grootmaat (wat ons baie geld uitwerk want ons kan nie meer grootmaat koop by Makro as goed op specials is nie) en dan prober ons ook om NIKS te koop wat hy moontlik die katte mee kan voer nie! As ons wil tuna eet vanaand, dan oppad huis toe koop ons tuna, en net genoeg vir die aand se aandete, niks spare nie!

Ag, ek kan ook aangaan met die lys maar die groooot probleem wat ons het is:

Hy dink omdat hy ouer as ons is dat hy “wys” is en ALS weet – Hy sal die katte voer soos HY goed dink – ons vra hom nou al langer as ‘n jaar om NIE die katte sagtekos in die oggende of middae (lunchtyd) te gee nie. Ook nie laat in die aande nie (al hom gevang hulle voer 11h00 in die aand!!)

Hulle het van die beste brands pellets 24/7, 365 dae ‘n jaar,  en kry sagtekos in die aande rondom 17h00. Nog voor hy even by ons kom bly het was dit die roetine en die katte was dood happy en baie gesond – nou is hulle overweight, mors die kos want hulle eet nie als klaar wanneer hulle gevoer word nie, hulle het GEEN routine meer nie, daag op wanneer hulle so voel (dan as die kat nie vroeer daar was om te eet nie word die bowls weer vol kos gemaak dus AL die katte kry weer kos) EN hy leer die katte om op die kitchen werk oppervlaktes te sit terwyl hy kos maak, en die katte sit op die tafeltjie in die sitkamer langs die bank waar hy sit en kyk die kos uit sy bord uit. Hy het hulle habits geleer  wat hulle nooooit gehad het nie. As hulle Theo sien dan is dit Theo = food, so beg, beg, beg…of hulle nou honger is of nie… en VERAL  Theo = in kitchen en Theo = food so as hy kitchen toe gaan, al het hulle NOU NET geëet, sal hulle terughol want hy is in die kitchen! Dan dink hy, shame, is die kitty-kattekies nog honger (hy praat letterlik so met hulle) en dan add hy nog kos by hul ander kos wat nog nie klaar geeet is nie!!!! OF gee vir hulle kos in ‘n seperate bowl net ‘n ander flavour want dalk like hulle nie dit wat in hul bowls reeds is nie!

Die kos in die bowl word so gelos en ons het nou al ‘n “permanente stray kat” vir wie hy OOK voer en die kat maak haar tuis in ons yard. Hoe meer ons die kat wegjaag hoe meer maak hy dat die kat wil bly. (hy maak die wendyhut se vensters oop dat die kat slaap plek het. Ons maak dit toe, dan maak hy dit weer oop en so gaan dit aan). Die kat kom elke liewe aand in die huis in om die katkos klaar te eet. Ons kan nie die vensters toe maak nie want hoe kom ons katte in en uit?

 Ons het al baklei met hom, soos in HELSE fights gehad, ek het al my cool verloor en op hom geskree  omdat hy intjip as ek mooi met hom praat, dan next morning staan hy op en dis asof daar NIKS gebeur het vorige dag nie, NOOIT met hom baklei het nie. Hy gaan aan soos PRESIES die vorige dag en daar is absoluut NIKS fout met sy memory of breinwerkings nie!  

Ons is raadop want ons weet hy het NêRENS om heen te gaan nie. Geen ander vriende op wie hy kan gaan teer nie, geen familie behalwe sy suster en DIE bly in ‘n oue tehuis waar sy amper R1000-00 per maand betaal en Theo kry minder as dit van die staat. En ek en my man het nie die hart ook om hom weg te jaag en te weet hy het nie blyplek nie. Hy het wel kar darem, maar that’s it!

Maar ons is al op die punt waar ons probeer om so min as moontlik by die huis te wees (want onregverdig is teenoor ons want ons LIEF dit by die huis saam met ons diere en om bv in die tuin te werk, buite te sit en te braai op ‘n saterdag ens ens). Maar ons het nie krag vir sy stront nie.

Hy is om als te kroon gay (en ek het geen probleem met gay mense in geheel nie) maar myman word opgehemel en ek is nou maar net ‘n vrou wat goed is vir niks, net om mee te “breed”. Hy is vriendelik met my JUST because hy moet want ek en my man is getroud maar hy behandel my soos die mindere. Hy vergeet gerieflikheidshalwe dat ek en my man EWE veel geld verdien en dat ek nie MINDER belangrik is as my man nie…nie wat geld betref of gesagswyse nie…

Ons kom by die huis en hy sal “ag shame” is Johantjie moeg gewerk? Kry vir hom ‘n bier… en ek kry net ‘n hallo…Johan word ALTYD opgehemel en “ek moet hom waardeer” en “Johan het sy gat afgewerk om te kom waar hy is en dat ons het wat ons het”…gah! Ek werk NET so hard, ons is ‘n entity en het SAAM bereik wat ons bereik het jou dom doos van ‘n queen!!

Ok, voor ek vloek soos ‘n matroos, het iemand raad vir my groot asb? Ek is besig om van my trollie af te raak en my man ook…want ons kan hom nie summier wegjaag soos ander vriende wat al op ons geteer het nie… 

24 Responses

  1. Goeie fok? 😈

    Vergeet wat hy met die katte doen, hy is die probleem! Hoekom moet jy hom jammer kry?

    Life is all about choices

    Hy misbruik julle goedheid. Sou ek vir elkeen wat nie werk kan kry nie, wat sieklik is van huisvesting moet voorsien… Dan sal ek ook met my gat op die straat sit. Doen wat jy moet doen!

  2. Hel Kloppertjie maar ek het nou my moer sooooooo gestrip vir so ‘n lui, ondankbare bliksem! KRY HOM UIT JOU HUIS UIT!!!!!!! Julle kan nie langer toelaat dat hy julle huis so oorneem en JOU so sonder respek te behandel nie. Wat se privaatheid het julle, en ek neem aan julle is nog jonk? HY MAAK MISBRUIK VAN JULLE, IS NOG NIE TE OUD OM TE WERK EN SY EIE PLEK TE KRY NIE!!!! Hy moet weg!

  3. Hi Kloppertjie,
    Dit klink omtrent of jy van my skoonma praat.
    Ek sal voortstel. Stel duidelike reels in jou huis. Dis jou huis en hy moet inval by julle reels.
    As Theo weer vir die katte te veel kos gee, koop jy nie weer vir hom ‘n pakkie sig nie (om dit as ‘n voorbeeld te gebruik). Dis maar ‘n gee en neem situasie.
    Kry ‘n koskas en sluit al die duur eetgoedjies, katkos en skoonmaak goed daarin toe en hou die sleutel by jou. As hy nie daarvan hou nie – tough!! Dis jou huis! Dit klink vir my hy is erger as ‘n klein kindjie en steur hom glad nie aan jou gevoelens nie. Behandel hom dan soos ‘n kind. “Straf” hom met goed wat julle altyd vir hom moet koop. Sit om die tafel en praat met hom en sê vir hom dis hoe dinge van nou af gaan werk(liefie moet natuurlik agter jou staan), en dis die reels en klaar. As hy nie by die reels hou nie “straf” hom deur minder luxeries(spelling) vir hom te koop – en sê vir hom hoekom julle dit doen.
    Sit jou voet neer Kloppertjie – dis jou huis en heiligdom! Sterkte.
    Dis ‘n moeilike een. Dis seker makliker gepraat as gedoen.

  4. Kloppertjie, jy en jou man moet mooi met hom gaan sit en gesels en vir hom sê julle kan dit nie langer bekostig nie en as hy dan daar moet bly, moet hy elke maand sy geld vir julle gee en julle sal dit vir hom gee soos hy dit sal nodig kry en my parra vriendin sluit jou kossies toe, hy sal gou die hint vang. You’ve got to be cruel to be kind. Kloppertjie ek het al mooi met my seun geleer en glo my dit werk. Vertel hom mooi sy moer, want jy doen die huiswerk en kook kos. As hy nie van julle nuwe reêls hou nie, is hy vry om ander blyplek te kry. Jy misbruik vir julle regtig, ek weet julle kry hom jammer, maar charity begins at home. Jy moet nou hardegat wees en hou by jou punt. Ek het op ñ stadium tot my slaapkamer gesluit en alles daarin gesit wat ek nie wou hê my seun moet in die hande kry nie. Probeer dit. In die begin is dit moeilik, maar met die tyd raak dit al hoe makliker en moenie toelaat dat hy jou soos kak behandel nie, want hy is die kak.

  5. Dankie julle, ja nee, dis ‘n moeilike ene en ons is al waar ons nie vir hom geld gee om vir hom goed te koop nie, ons koop dit sodat hy nie geld het om te mors op ekstra katkos en stront nie…

    Maar ja, ons gaan weer met hom praat, vir die hoeveelste keer, en as hy dan nog sy gat aan ons afvee dan moet hy verkas…weet nie hoe ons dit gaan regkry nie maar nou ja…

    Ons is nog jonk ja, ek en my man is albei 31, en hy maak ons “oud” want as ons musiek aansit dan knor hy oor hoe dit geraas is, en dan speel ons goed soos Josh Groban, en in SY ogies is die ENIGSTE musiek swaer klassieke musiek waar dit klink of ‘n kat gestrangle word…..alles verder is nie “musiek” nie, hy maak nie reg met ons nie en ons weet dit. Ding is, hy dink ONS is die varke in die verhaal as ons op hom afgaan…nes ‘n bleddie kind ja…maar dit bring my op NOG ‘n teer sakie, ek sukkel om swanger te raak en die stress wat hy inbring by die household help NIKS! Ek en my man baklei glad nie met mekaar nie, ons is 100% maar omdat ons so moerig raak vir hom en daar alewig tension is tussen ons en Theo, maak dat ons nie juis veel quality tyd saam spend in die sin van relaxed wees om intiem te verkeer nie…ons is altyd te bemoerd vir die ou man! En dan praat ek nie eens van die feit dat ons just about zero privaatheid het nie!

  6. Sê vir hom julle moet trek en kan van nou af ongelukkig net ‘n eenkamerwoonstel bekostig. Hy sal ‘n plan moet maak. Hou ‘n paar weke by jou storie. Miskien kan hy wel ‘n plan maak. Het hy nie moffievriende wat vir hom ‘n kamer kan huur nie?

  7. Hel Kloppertjie – kan ek asseblief vir jou sê jy is besig om groot probleme vir jouself te maak..Ek het in die selfde situasie vir meer as ‘n jaar gesit, al was dit ‘n familie lid, was die damage wat gedoen is net so erg. Jy MOET vir jou huwelik en jou sanity die man uit jou huis kry, glo my. Daar is instansies wat kan help om hom te huisves, jy HOEF dit nie te doen nie, en dit behoort ook nie op jou skouers te wees nie. Dink so daaraan, wie gaan eendag jou piepie sak uitgooi as jy oud en bedlëend is? Nie die bloedsuier nie, jou man gaan. So beskerm jou man en julle huishouding, want dit is wat saakmaak. Ek het gelukkig onslae geraak van ons parasiet voor dit te laat was, en ek besef vandag eers watse stres dit veroorsaak het in ons huis. Stres is ‘n lelike ding, en as jy en jou man wil kyk na ‘n gesinnetjie, raak onslae van die man, you don’t need this.

  8. Waar bly julle? In Pretoria reg oorkand die hospitaal is daar ‘n plek waar hy kan aansoek doen om te bly. Dit was vroeër Malgisedek genoem. My pa het daar gebly teen R400pm wat 2 etes insluit. Hy sal net middagete vir homself moet sorg. En ongelukkig mag hy nie troeteldiere daar aanhou nie.

    Sterkte

  9. Dankie julle, ek luister vir al julle raad, hoop nou net ek en my man kry iets uitgerig met hom…net eeeen probleempie, die ou sal NOOIT van sy kat ontslae raak nie – hy het daai kat nou al amper 19 jaar en hy kou tot haar kos vir haar – wanneer hy aandete eet dan sit sy op sy skoot op die bank, hy sal so tussendeur sy etery ‘n stukkie vleis vir die kat fynkou en dan vir haar gee! Unbelievable, I know…dus eet hy darem nooit aan tafel nie as ons mense het nie, sal my en almal om my net afsit van ons kos af!

    O ja, die beste beste nog – hy bad 1 keer ‘n week want hy glo hy word nie vuil nie…maar as hy klaar gebad het dan sit daar so mooi dik ring om die bad se rand!

    ooooooooo die man maak my bloed kook…

  10. O ja Ina, vergeet om te noem, ons bly in Edenvale…

  11. Kloppertjie, hy misbruik julle!!! Ken genoeg sulke gaste. Daar is maar one way, pos hom, SPOEDPOS!! Baie sterkte

  12. Ek hou van Gatvol se raad – maak of julle moet trek. And if all else fails, trek regtig! Dan sal jy sien hoe vinnig kry hy ander plek!

  13. Kloppertjie

    Jy en jou man is twee jong mense die ou “60”. Nee dis nie gesond nie. Hy is ‘n volslae parrasiet. Ja ek weet daar is mense wat hulp nodig het, maar jy kan net sovêr help. Die ou is nie familie nie, julle het geen “obligation” teenoor hom nie. Julle is nou in die “prime” van julle lewens en die ding kan onnodige stress in julle huwelik veroorsaak. Voor dit gebeur moet jy en jou man ‘n plan maak. Ek ken ook so iemand en hy is so dikvellig en beterwetend. Hy is mos ouer as jy en kon jou Pa wees. No way Hy moet skoert.

  14. Bel jou naaste salvation army. Sterkte. En as julle geseën word met ‘n baba sal jy nie so ‘n vuilgat om jou wil hê nie.

  15. Dito @ Gatvol Miskien moet ons vir Gnrl Fokk op hom sit. Sies ga bad eenkeer ‘n week en dan dra hy seker dieselfde onnerbroek 4 dae, hy draai dit net om en om en om en om. Jig

  16. Hi daar,
    Hier is kontak detail vir ‘n plek wat haweloses inneem. Hulle versorg etlike mense en ek vra gereeld vir skenkings by Helpende Hand en van lede van die mense wat deel is van ons gemeenskaps polisie forum. Hoor of daar plek is, die mense daar is goed versorg en die gemeenskap versorg hulle ook. Die feit dat hy pensioen kry, is ‘n groot plus want die mense neem nie die volle pensioen nie. Dink hulle betaal R400 en kry 2X per dag kos. Ek glo dat jy daar sal regkom.
    Growing Ise Homeless Centre (section 21)
    NPO registration number: 056-099-NPO; Section 18(a) RG/0078/06/07: PBO no 930 024 282
    Contact person: Mervyn Campbell
    Cell no: 072 765 6920
    Tel/Fax: 012 379 6885
    Fundraising number: 009309/08
    e-mail address: growingwisehomelesscentre@telkomsa.net

    Indien jy my wil kontak: mperleyrobertson@gmail.com. Ek sal vir jou meer inligting verskaf op ‘n minder openbare forum :o)

  17. sal jou mail sodra ek kansie kry, dankie

  18. Hi Daar,
    Ek kan nie dink dis goed vir jou huwelik nie!!! Kom uit hierdie situasie!!

  19. Dit klink asof dinge op ‘n ramp afstuur. Sit eers al julle emosies op ys en doen die regte ding. Reëls en leviete en raas en straf gaan nie help nie.

    As Theo +- R800 pensioen kry, en julle sit R200 by, kan hy in dieselfde plek as sy suster gaan woon. Ouetehuise ontvang subsidies van die staat … saam met julle bydrae is hy ge-“wax”. Hoe gouer julle dit gedoen kan kry, hoe beter. Toegang tot ouetehuise word al hoe moeiliker vir die lae inkomste groepe.

    Dis eerlik beter om vir hom ‘n permanente woonplek te kry waar hy versorging kan kry en veilig sal wees. Julle sal hom ‘n guns doen. Verduidelik dit so vir hom. Die eerste prioriteit is om hom ge-“settle” te kry in ‘n plek wat op ‘n verantwoordelike manier na hom sal omsien.

    Die kat kan dalk eers by julle aanbly … Dit klink of die kat okay is met die kos wat hy kry. Theo kan seker dan en wan vir die kat kom kuier (middagbesoekies of so?).

    Dit klink asof julle van Theo hou – net nie van sy maniere nie. As hy elders bly, en julle met tye besoek (vir ete nou en dan) behoort daar nie onderliggende spanning te wees nie.

    Moenie gras onder julle voete laat groei nie.

  20. […] Om te help of nie te help nie. Ek lees so Dellie se post vanoggend op Bosparra.com en ek dink by myself – ja nee, mens help mense […]

  21. Kloppertjie, al die posts hierbo sê wat nofig is. Miskien is my posting oor die kalf in die put nie te vêr verwyder nie…niemand gaan julle help om daai kalf uit te grou nie…net jy en Johan. Dit is ongelukkig die heilige waarheid. Ek hoop eerlik nie dat Theo die pad van my arme koeitjie volg nie maar onthou, julle is nog redelik “nuut” getroud (in vergelyking soos oues soos ek !!) en julle wil nog kinders hê. Kinders kos BAAAIIEE meer as katte en Theo verdryf jy en jou man van mekaar. Onthou die trou belofte en ek haal die engelse een aan ” What God placed together, no man may put asunder !” Ek weet dit is hel moeilik maar DINK mens. Jy voel verneder want Theo behandel jou soos “akkies” en Johan voel waarskynlik ongemaklik want ‘n ander man praat met en oor hom soos wat ‘n ander vrou/of jy behoort. Maak ‘n plan sus !!

  22. Kloppertjie, lees jou al lank raak op Bp. 1ste keer dat ek na jou blog kom. Dis baie interessant en besig. (nes jy, dink ek… 😉 ) So bly julle het die groot stap gevat met die parrasiet. Sterkte vorentoe.

  23. What would many of us do devoid of the brilliant suggestions you share on this web site? Who else has got the perseverance to cope with important topics in the interest of ordinary subscribers like me? My spouse and i and my guys are really lucky to have your website among the ones we typically visit. We hope you know how a great deal we take pleasure in your efforts! Much luck coming from us all.

Lewer kommentaar op Karoles Kanselleer antwoord