KAN jy sing?

Ek het een oggend lekker vasgesit in die traffic oppad werk toe…en dis ‘n geploeter so teen 0,1km per uur,  ‘n helse gemors gewees….en toe skielik vang my ore ‘n klank, maar so onaardse geluid asof ‘n kat vasgevang is in ‘n tumble dryer en besig is om te kraam……ek draai toe my ruit so effentjies laer af en ek spits my ore, want hel,  ek MOET uitvind waar hierdie moord plaasvind laat ek kan help!

En my ore volg die klank na links…en ek draai my kop…en ek sien ‘n ou, ek skat hom so vroeg in sy 30’s, hy ry ‘n BMW X5 en sy ruit is ook halfpad oop….en ek begin onbeheerbaar te giggel, die TRANE loop laat ek my nat gesig moet afvee naderhand…want hierdie man sing uit volle bors saam met een of ander opera sanger, ek meen, KLIPHARD! En jy sien net oopmond en tanne en ‘n disleksiese klein-tongetjie  agter innie keel wat om die lewe nie ‘n tril kan doen nie en die kop wat so op die maat van die musiek links en regs beweeg en as die DIIIIIEEEEEEP klanke moet geuiter word laat sak hy sy kop asof hy ‘n verstopping in sy keelgat het en die klanke uit geforseer moet word met al sy mag!

En hy het nie ‘n SAAAAAK in die wêreld wie hom sien of hoor nie, onbewus van die magdom traffic om hom….dis net hy, sy cd speler, sy X5 en die planeet êrens in die melkweg waar hy homself bevind want hierso op moeder aarde is hy beslis nie!

En ek dink so by myself, HEL, het jou Ma en Pa vir jou gelieg om die ego te boost en jou laat verstaan jy KAN sing??!? Want hokaai, stop daai bus, jy klink soos Ozzy Osbourne wat probeer om een of ander Celine Dion song te sing – En dit is, quite frankly, impossible!

EN  ek begin te dink aan hoe ek wens ek kon sing, ‘n audience betower met my stem, en ek weet, DIT is nou een talent waaroor ek NIE beskik nie.

SO, ek sing nie waar mense my kan hoor nie, DAAI klanke is vir my eie ore bedoel, en my man s’n as ek en hy voor ons pc’s sit op ‘n Vrydagaand dalk en ek speel daai 80’s hits, as die voet eers begin saam tik-tik op die maat van die musiek, dan begin mens maar so te jik om bietjie deel te word van die skouspel en jy mompel eers die chorus, dan skielik slaat die moed jou in oorgawe en jy trek los uit volle bors…

Ek’t gewonder nou die oggend hoekom smile die buurman en vrou so mooitjies vir ons,  half asof hulle iets weet wat ons nie weet nie…gmmmmf?

Hou jy van sing? KAN jy sing? Het mense dit al beaam? (behalwe jou ouers, jou Ouma en Oupa en die tannie wat die orrel speel in die kerk). Sing jy in die stort? Het jy al jou naam g-a-t  gemaak met ‘n liedjie wat jy moes sing of gesing het toe jy dink jou hond / kat is die enigste audience? Doen jy die Karaoke ding in ‘n pub as daar ‘n kompetisie is?

8 Responses

  1. Karaoke doen jy net as jy gesuip is. Ek was nog nooit so gesuip nie. My broer het jare terug bo ‘n Karaoke bar in ‘n flat gewoon en f0k as daai ouens eers getrek raak dan dink hulle hulle kan sing. Dis gewoonlik iets soos: “I wish Icould fly” of een van die BoyBand song. Nee dankie nie vir my nie.

    Ek weet ek kan nie sing nie. Dus is ek ook een van daai kar-sangers. Die enigste verskil is ek hou die vensters toe. Sing ook nie eintlik in die kerk nie, want die mense voor my sal begin uitloop. Dit sal die dominee ‘n kompleks gee en dan dink hy preek swak.

    Die ding wat my die meeste irreteer is die ape wat op idols probeer sing en dink hulle kan sing. Hulle mammies sê dan so, maar die judges is doof. Nee wat ek kyk daai stront nie meer nie.

  2. He he, ek kry altyd so skaam vir die ouens se part wat deelneem aan Idols en dan kan hulle skaars 2 note reg sing! LOL, en hoekom hulle dan juis die boyband goed ook doen is my gat se deksel! Ek sing ook net as ek weet die musiek is hard genoeg of as ek weeet niemand sal my kan hoor nie!
    😀

  3. Ek is mal oor Idols, en lag my dan simpel vir die ouens wat so hard probeer maar totaal tone deaf is. Ek het graag in kore gesing jare terug maar deesdae klink ek vir myself soooooo vals! Ek glo darem enige mens het die reg om te sing, vals of nie, want dit doen iets vir die siel! Maar asb nie vir ‘n audience nie!

  4. Kloppertjie ek sing!!! Ek bekommer my nie of mense dink ek kan sing of nie. Ek is mal oor musiek en kan my nie inhou as daar iets speel en ek so behoefte oor my kry, om my stem te laat hoor nie he he 😆 😆
    Moontlik gaan jy ook dink die katte is los gelaat as jy die lawaai hoor! 😆

  5. Jip, ek kan sing…… baie vals😆

  6. Eks mal om te sing, maar ek doen dit net wanneer ek allen is vir myself!

  7. Ek kan nie sing om my lewe te red nie. Tot die honde druk hulle ore toe as ek probeer, so nou los ek dit eerder vir mense wat kan

  8. Ek het nou lekker gelag.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: