Waar ‘n wil is, is ‘n KAT!

Ek en my man, nou 5 jaar getroud volgende week, het nog nie kinders nie, maar ons kattetjies is ons “Pride & Joy”.  Hulle is ons kinders – regte stoutgatte, maar die liefde vanself! Vandag “brag” ek bietjie…

Ek en my man het eers, toe ons ontmoet het, saam in ‘n flat ingetrek by my broer, en ek het ‘n kat gekry, Parra. Wel Parra het besluit sy hou van my broer en sy word toe maar syne…hier is sy preggies, daai witpens wys nou nie so mooi op die foto nie maar kyk net hoe lieflik…

Hierso speel sy bietjie…

 

en Parratjie het toe 4 babies, 2 ginger seuntjies en 2 girlies…

Ek en my man, softies wat ons is, hou toe die 2 girlies, die bontgat is Meitjie (julle sal nou nou daai gesiggie sien ondertoe waar DIE naampie vandaan kom) en die tabby is Fugsy (vir F*ck ‘n Ugly, maar eintlik is sy pragtag!)

En hier word die 2 op heterdaad betrap besig om die kamer om te dolwe! Vinkel en Koljander, die een is stouter as die ander!

Hierdie 2 word 1 Oct 2008 al 5 jaar oud! Meitjie is ‘n huis kitty en Fugsy is die “straatslet” soos ons altyd grap…

Hulle is ons 2 meisies en verruil hulle vir NIKS in die wêreld nie!

  

En ou Fugsy-bugs is ‘n “daddy’s girl deluxe…en ‘n baie, baie gemaklike enetjie, daar waar

sy lus voel, plak sy neer en lê sal sy lê…

 

En nog so paar foto’s van die 2 girlies…

  

  

En “sisterly-love”

 

 Die 2 kan nes regte sussies, ook maar lekker baklei as hulle die dag vol nukke en grille is, maar meeste

van die tyd is hulle maar heel liefdevol en jong, as dit net effens koud is buite, dan cuddle die 2 sussies so saam saam oppie bed…

 

TO BE CONTINUED…

Ons het nog 2 kattetjies bygekry, in my volgende post sal ek hulle storietjie vertel en hoe hulle in die familietjie inpas…

Ta,

Kloppertjie

 

 

7 Responses

  1. Mooi Kloppies Te dierbaar.

  2. oulike katjies, ek mis nogal die twee katte toe ek in die flat by my vriendin gebly het.

  3. Ag te cute!

  4. Aag cute!

  5. Hey kitty,kitty! 😀

  6. Kloppertjie, by my werk in Johannesburg het ek verlede jaar ‘n gemmerkat gekry wat daar tussen al die swart katte sy stempel as die dominante mannetjie afgedruk het. Die kat (Sy naam is Leeu) het nou so diep in ons harte ingekruip. Hy het ‘n ongelooflike persoonlikheid. As ons twee jack russel hondjies die dag die gees gee, sal ek eerder meer katte aanhou. Ons was nie eers “katmense” voordat ons die kat gekry het nie.

  7. Aaaag, hulle is so pragtig. Katte is so special. Ek was altyd ‘n hondemens of liewer, moes wees want my oorlede staffie het nie van hulle gehou nie. Het sowat 5 jaar gelede eers weer ‘n katjie gekry. Gered actually, uit ‘n budjie koukie by die vlooimark, te swak om haar koppie te lig. Vandag is sy ‘n vet lummel, gietswart, groot geelgroen oë en my sonskyn. Ek soek egter nog ‘n katjie – ‘n bonte soos joune, maar met min of geen wit.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: