Rapporteer daai padvark!

Dis mos nou iets wat ek beslis gaan doen! K*k gaan die taxi’s k*k..ek hoop?! Ek gaan vir my ‘n klein notaboekie in my kar sit met ‘n pen by, en as ek ‘n padvark sien (veral elke oggend oppad werk toe is daar ‘n paar) en ek gaan hulle aanmeld! Lekker!!!!

Artikel uit Beeld, Jul 24 2008 10:09:47:100PM – (SA) , Carina van Wyk

Jaagduiwels en padvarke kan nou ook op Arrive Alive se webwerf deur ander motoriste verkla word.
‘n Waarskuwingsbrief word aan die eienaar van die voertuig gestuur nadat Arrive Alive ‘n klag ontvang het.
Ná drie waarskuwingsbriewe kan motoriste strafregtelik aangekla word.
Volgens mnr. Ran?thoko Rakgoale, uitvoerende hoof van die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), word die eienaar van die voertuig wat aangemeld is in die brief van die beweringe teen hom ingelig.
Eienaars word aangeraai om hul optrede op die pad te verbeter as hulle self bestuur het. As iemand anders bestuur het, word die eienaar gevra om die beweringe onder die bestuurder se aandag te bring.
Eienaars word ook die keuse gegee om ‘n verklaring na die korporasie te stuur as hulle reken die bewerings is ongeldig. Die verklaring word dan saam met die aanvanklike klag op ‘n databasis geplaas.
Rakgoale het gister gesê mense wie se name ‘n derde keer op die databasis verskyn, kan strafregtelik aangekla word as daar getuies is wat bereid is om teen hulle te getuig.
Die departement van vervoer moedig motoriste ook met oorhoofse elektroniese borde op hoofweë aan om swak bestuur aan te meld.
Die woorde “Report bad driving” met ‘n telefoonnommer flikker gereeld op dié borde.
Volgens mnr. Collen Msibi, woordvoerder van die departement van vervoer, moet mense wat iemand aanmeld hul persoonlike besonderhede en adres verskaf om te verseker dat beskuldigings nie uit persoonlike vetes spruit nie.
Msibi het gesê gereelde klagte sluit in rooi verkeersligte wat verontagsaam word, motoriste wat jaag en mense wat onveilig verbysteek.
‘n Aansienlike aantal klagte oor busse, taxi’s en vragmotors is al ontvang, maar veral bestuurders van busse en vragmotors slaan ag daarop as hulle briewe ontvang, volgens Msibi.
• Meld swak gedrag op paaie aan by www.arrivealive.co.za of bel 0861 400 800.

6 Responses

  1. Hierdie ding kan natuurlik ‘n ongelooflike manier word om jou ex of buurman of wie ookal sleg te byt ! Aan die anderkant, ek verskrik myself as ek so baie op di elang pad ry en sien hoe mense oop blinde hoogtes blindelings teen verbysterende spoed iemand MOET verby te steek net sodat hulle in di evolgend edorp by die selfde vulstasie kan stop !

    Met die V8 ry ek ongelukkgi sommer maklik te vinnig maar nee, ek ry nie oro rooi ligte, stop wel by stopstrate en gaan nie verby op toe strepe en blinde hoogtes net omdat ek ‘n BMW ry nie.

  2. Eish man , n goeie enitiatief , maar met die swak respond van regerings aksies , dink ek persoonlik dit gaan vaal .

  3. hallo kloppertjie, kannie onthou of ek al hier by jou gedop het nie. Goeie initiatief, maar ai, mens weetie of dit nou net weer geldmors gaan wees nie. Maar soos met alles anners in die land…..daar is darem hoop!

  4. Baie goeie idee…as dit sal werk!

  5. Ek het nie ‘n vreeslike probleem met die outjies wat vinnig ry nie, hulle onderhou meeste van die tyd hulle karre en is verantwoordelik! Maar ai, die klomp sie se karre aanmekaar gespoek en geplak is, wie se remligte en flikkerligte nie werk nie….. en snags sien jy hulle nerens, want hulle het nie ligte nie….. en dan is die nommerplate ook nog vervals! Ek het nie so lank terug nie ‘n moerse boete gekry… met foto en al! Dit was my kar se registrasie nommer , maar nie my kar op die foto nie(iewers in JHB)…….sou wat wou ge om daardie moerse Merc te kon he…..!!

  6. En rapporteer sommer die swak paaie en gate in die pad!

    Hier is bietjie inligting:

    http://roadsafety.wordpress.com/2009/01/13/report-bad-roads-in-the-interest-of-safety/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: