Korrupsie onder metropolisielede – Rapporteer hulle ook!!

Daniëlla du Plooy

Die teenmisdaadnetwerk eBlockwatch het ’n spesiale noodlyn geskep waar korrupsie onder metropolisielede aangemeld kan word om dié euwel te help voorkom.

Dit kom ná ’n berig verlede week in Beeld oor ’n 21-jarige student wat na bewering deur metropolisielede geteister is.

Volgens die vrou, wat uit vrees nie geïdentifiseer wou word nie, het die metropolisielede in uniform en in ’n gemerkte bakkie haar Sondag 27 Julie omstreeks 03:10 in Beyers Naudérylaan voorgekeer.

“Ek het gevra of hulle geld wil hê. Die een het aangehou sê sy kollega gaan nie gelukkig wees om my net so te laat gaan nie.

“Daar was ’n besliste seksuele ondertoon, maar ek het my dom gehou en nooit daarop gereageer nie.”

Beeld én eBlockwatch is sedertdien oorval deur lesers wat in soortgelyke situasies was.

Talle het gekla dat die 10111-nommer telkens beset was wanneer hulle probeer bel het en die voorval wou aanmeld of metropolisielede se besonderhede deurgee.

Volgens mnr. André Snyman, stigter van eBlockwatch, is dié noodlyn gister geskep om mense te help.

Sodra jy die nommer bel, begin dit opneem totdat jy weer neersit. Die idee is dat gebruikers die metropolisielede wat jou afgetrek het se inligting (hul motorregistrasienommer, hul naam, rang en magsnommer) gee sodra jy vir omkoopgeld gevra word of onraad vermoed.

Die opname word dan op eBlockwatch se stelsel gestoor en kan later as bewyse gebruik word.

Die nommer is 082 236 0003.

 Nog ‘n initiatief wat ons maar kan hoop sal help om die ouens vas te vang wat besig is met hierdie misdade waar hulle veronderstel is om ons te beskerm! Waar is die dae toe mens nog kon weet die polisie is betroubaar en sal jou help, nie verdere skade aandoen nie. Ek ry maar deesdae nie veel rond op my eie nie, ek en manlief gaan maar orals saam, of ons bly by die huis. Ons is eenvoudig net te bang – te bang ‘n padvark bots in ons vas, te bang ons word deel van die statistieke van misdaad. Te bang ‘n metropolisielid trek ons af en probeer ons “bribe” of gee ons ‘n kaartjie van ‘n oortreding wat ons NIE gepleeg het nie. Waar en wanneer gaan dit ophou, indien ooit??

Ns, het JY al ‘n padvark aangekla? Kyk my vorige post. Ek het al 2 ouens rapporteer. Of dit gaan help, weet mens nie maar ek reken mens moet probeer.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

One Response

  1. Hoogd dat ieand iets doen om hulle vas te trap. mens kan hoeka deesdae niks doen sonder om afgetape te word nie
    Elke liewe ou loop met ‘n potensiele video camera in sy sak rond
    Wat van ‘n site waar jy prettige cellphone clips heen kan stuur kloppertjie? Hoeko begin jy nie een op jou site nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: