Swart Bok Van Blerk sing De La Rey

Die ‘swart Bok van Blerk’ wyd bekend

 

20090126200430swartbokgroot20090127101135voor

 

Verskeie mense het gister laat weet hulle ken die “swart Bok van Blerk” wat op ’n video op beeld.com die liedjie “De la Rey” in Mosambiek sing.

’n Leser het die video per e-pos na mystorie@beeld.com gestuur.

Mnr. Garth Albasini van Johannesburg sê die man se naam is Jaguar. Hy woon op die Mosambiekse eiland Macenetta, sowat 35 km van Maputo. Hy lewer gereeld vertonings by die Lugar Da More-lodge daar.

Me. Riekie Nel het uit Doebai laat weet sy was in Desember 2007 daar. Sy het vir ’n pont gewag wat haar motor na die eiland moes neem.

“Terwyl ons so sit en wag, hoor ons iemand neurie ‘De la Rey’. Ons roep hom nader en vra wat hy sing, waarop hy ‘De la Rey’ antwoord. Hy het toe vir ons ‘De la Rey’ teen betaling gesing. Daarna het ’n vriend van hom gekom wat ook ‘De la Rey’ sing, en toe is daar baie mense wat sê hulle ken ook vir ‘De la Rey’.”

Volgens mnr. Stoffel Nel neem Suid-Afrikaners met vakansie in Mosambiek soms Mosambiekers in diens.

“Van die helpers vra ’n Afrikaanse CD voor jy terugry. ‘De la Rey’ is lewensgroot in Mosambiek.”

‘n Groot Blou Bul-ondersteuner

Ons was September 2008 vir die eerste keer Mosambiek toe, waar ons tuis gegaan het by Barcos de Macaneta, ‘n vakansieoord op die Macaneta-eiland.

Jy moet met ‘n veerboot oor die rivier na die eiland toe gaan. Vandaar moet jy omtrent 8 km ry voordat jy by die Mosambiekse ‘De la Rey’ uitkom.

Hier stop jy om jou 4×4 se wiele bietjie af te blaas voordat jy die sand aandurf om by die vakansieoord te kom.

Jy kan ook sommer jou visvanglisensie hier koop as jy wil visvang.

‘De la Rey’ is ook ‘n baie groot Blou Bul-ondersteuner en as jy foto’s van hom wil neem, moet jy eers betaal.

Ek en my man was baie verbaas. Hulle kan nie ‘n woord Afrikaans of Engels praat nie, maar hulle ken die De la Rey-liedjie en ander liedjies soos Steve Hofmeyer se Blou Bul en sing of fluit dit heeldag lank.

Die meeste vakasieoorde behoort aan Suid-Afrikaners. Vakansiegangers voel baie gou welkom met sy eiesoortige manier waarop hy De la Rey sing.

Kyk na die video hier:

 

http://www.news24.com/Beeld/Video/0,,3-2082_2458990,00.html

One Response

  1. Great tips! I will try to use them. A hard-hitting post.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: