Die lewe is ‘n struggle…

Ons almal deal met struggles – whether dit daaglikse werks issues is, of persoonlike probleme by die huis, kinders wat jou mal maak met hul nukke en giere, die verlies van ‘n geliefde, moeilike familie lede, finansiele druk, ag, die lys kan aangaan, maar wat doen mens met al die stress wat elke dag net opbou en sonder end net meer en meer word?

 

As jy ‘n geliefde verloor, hoe kom mens oor daai skok en die hartseer? Meeste van ons druk daai pyn net in ‘n hoek en probeer vergeet daarvan, maar een of ander tyd haal dit mens en, en soms is dit soos ‘n ticking time bomb, ready to explode, en dan kan niemand verstaan wat die dinges met jou aan die gang is nie.

 

Dan neuk mens maar net weer voort tot “next time”, sonder om iets daadwerkliks aan die oorsprong van die probleem te doen en daardeur te werk om berusting en vrede te vind. En wat ek vind ook is dat die mense wat so sterk is en maak of hulle die wêreld op hul skouers kan dra, nie eintlik so sonder emosie is nie, hul verrig wel wondere om dit te probeer wegsteek, want hulle is bang om teleur te stel. Hulle is daar vir almal behalwe hulself, en dit in sigself is die grootste fout wat mens kan maak. Hoe kan jy die mense om jou support as jy nie eens jou eie issues kan hanteer nie?

 

Ek self het so paar probleempies, whether dit direk of indirek my problems is of nie, maar ek het plan gemaak en daar sal aan gewerk word. Saterdag is sommer die 1ste afspraak by ‘n kopdokter. Soos ek altyd preek vir mense, baby steps, one at a time…

 

Ek hoop darem die antie het ‘n lekker couch waarop ek kan gemaklik raak…

 

My 1ste stappie however was om iets te doen wat ek nie vroeër voor kans gesien het nie. Ek wou iets doen, iets maak om my Pa te onthou. Dit maak baie seer om daarna te kyk maar in ‘n mate help dit, hoe, weet ek nie maar dit doen…ek dag ek share dit met julle…dalk help dit ook…soos Blixertjie met haar extreme loss deal, deur stadig maar seker meer te interact, so sal ek meer en meer probeer doen en praat oor dinge wat my Pa behels. Nie soseer hier op my blog nie, maar in my daaglikse lewe. My Pa was so groot deel van my lewe dat dit net nie reg voel om my gedagtes oor hom net “eenkant” te skuif oorlaat dit seermaak nie….ek weet nie of dit goed of sleg is nie, maar ek doen wat ek voel reg is? Ek hoop dit is…

 

pa1

 

Die Boodskappie op die poster is die laaste sms wat my Pa vir my gestuur het op Kersdag, hy is ‘n week later oorlede. Ek sal sy woorde nooit vergeet nie. Dis pragtag maar op dieselfde tyd, nou na hy nie meer

daar is nie, wonder ek of hy dalk geweet het hy gaan nie meer vir te lank leef nie, dalk wou hy klaarmaak met die lewe hierso op aarde, dalk…..dis eintlik so helse woord, want ek sal nooit weet wat hy gedink het nie…

2 Responses

  1. Pragtig. Hou die herhinneringe vars. Dis hoe hulle vir ewig lewe.

  2. Ja Koppie jou pa is dood maar hy sal altyd voortleef in jou en jou kinders en jou kinders se kinders. En die onthou is al wat jy nou oor het so hou vas daaraan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: