Gooi weg daai Satanstok!

Ek het die 30ste Maart 2010 opgehou rook…wat ‘n mission! Maar ek MOES net……my arme longe! Ek kon net nie meer nie!

Ek het begin rook toe ek 16 was! Goeie genade, WAT het my besiel! En nou moet ek sukkel om op te hou…oh well, dis nou seker maar een van daai dinge maar ek moet sê, dit was ‘n goeie besluit.

Ek sal nooit iemand judge wat nog rook nie want al is dit sleg vir jou, ek verstaan dat ‘n roker dit geniet, dis in die mind, dis in jou siel, dit laat jou goed voel, ag, al daai dinge wat net ‘n roker sal verstaan.

Ek is seker elke roker wens eintlik hulle kon ophou, of ten minste, meeste rokers wens hulle kan ophou, en dis geen maklike ding om te doen nie….ek lus nou nog ‘n trek van ‘n sigaret, daai “gevoel” wat jy kry….maar ek weet dit was nou tyd…ek is 33 jaar oud, ek het so rukkie terug begin oefen om meer fiks te word, gesonder te leef, en natuurlik, toe suffer ek verskriklik omdat ek rook, my bene wil hardloop op daai treadmill maar die longe wil nie saamwerk nie!

Toe hou ek op….en ek  kies die 30ste Maart…hoekom? Dis my oorle Ma se geboortedatum…en ai! Daai antie sou my witwarm klap as sy my vang rook het, ongelukkig was sy nie daar toe ek daai 1ste trek gevat het nie….as sy maar was! Maar nou ja, soos die Here wou, sy het gesterf jare voor die tyd….en ek dink, daar iewers bo tussen die engele sit sy nou en smile…want hopelik kan sy sien dat ek iets doen wat goed is, iets waarop sy sou trots wees, en nie omdat ek dit doen net as gedagte aan haar en omdat ek haar gebruik as motivering nie, maar omdat ek dit doen vir myself, en ok ja,ook aan daai klap wat ek sou kry as sy my moes sien rook, of vang met daai “skyf” in die mond….en omdat ek weet sy sou nooit wou hê dat ek myself so vernietig nie!

As jy dalk lus voel of die gedagte het om op te hou, gaan na hierdie webtuiste, ek het geregistreer op die Kickbut program, en dis heel cool, dit help nogals. En natuurlik, ek kou die nicorette mint gum en dis glad nie so sleg nie en dit werk!!

Onthou net – dis als in wilskrag, uithou en aanhou! Niks anders gaan of kan jou maak ophou nie!

 

 

 

2 Responses

  1. Yes Kloppie , bly vir jou oor daai rook besluit . Ek glo , logies, daar is net voordele , mar een groot voordeel is , jy raak wat voorkoms betref baie stadiger oud en terloops , as ek wil stink , k@k ek inmy broek he he .

  2. Find all that is about News with our valuble article.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: