‘n Brief wat nooit gestuur gaan word nie…

 

Ek weet jy het nie bedoel om my met opset seer te maak nie, maar met elke dag wat kom en gaan raak my hart net seerder en seerder.

Ek mis jou verskriklik. Die pyn wat jy my veroorsaak het is soos ‘n dolk in my hart. Ek wil jou so bitter graag hê maar ek weet jy moet eers jouself vind en dan, dalk, as jy besef jy voel meer vir my as wat jy gedink het, dan eers kan ons weer probeer. Ek sien nie kans vir verdere seerkry nie. Soveel as wat jy my gelukkig gemaak het, net soveel het jy my in die grond in getrap.

Dis daai seer, bitterheid en haat wat jy in JOU het wat maak dat jy nie die mens is wie jy eintlik  is nie en wat maak dat jy dit uithaal op iemand wat jou net die beste wou gee. Wat met hart en siel vir jou lief is.

 En intussen is ek leeg, ek tel die ure. Ek spandeer tyd met vriende maar my gedagtes is nie daar nie. Ek voel verlore en daar gaan nie ‘n oomblik verby wat ek nie aan jou dink nie. Ek kyk heeltyd na my selfoon vir ‘n oproep wat ek dalk gemis het, al weet ek nie eers of ek dit gaan beantwoord nie. Ek wil net die berusting hê dat ek ook in jou gedagtes is.  Ek kyk of ek ‘n sms gekry het en ek hou my email dop. Ek sit in vergaderings en hoor nie ‘n woord wat bespreek word nie. En met elke minuut wat verbygaan en ek niks van jou hoor nie, kwyn daar ‘n stukkie van my hart weg.

 Almal sê ek moet aangaan, ek moet jou vergeet, ek moet vorentoe kyk, dalk is daar iemand anders vir my, maar hoe kan ek as ek jou liefhet met elke gryntjie van my wese?

 Ek haat wat ek voel want al wat dit doen is om my te breek.

Ek het nie gevra vir dit nie.

 

One Response

  1. Strongs

    Tussen lyne Soos die song tussen Stasies.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: