Winskopies & Allerlei

Kalahari.net

G’n Kombuis kan sonder hierdie boek nie! Kry dit deur op die prentjie te kliek en koop deur Kalahari.net

top500

Die immergewilde Huisgenoot Wenresepte-reeks is onlosmaaklik deel van die Suid-Afrikaanse kosavontuur – kookboeke wat hulle plek volstaan reg langs Kook en Geniet. Nou het alle Wenresepte-aanhangers die kans om hulle uit te leef met ‘n versameling van die Top 500 Wenresepte. Die boek is spesiaal saamgestel sodat Huisgenoot-lesers die gewilde tydskrif se 90ste verjaardag in styl te vier. Hierdie lywige samestelling bestaan uit 17 liplek-lekker hoofstukke, insluitend Soutterte, Soet terte, Gebakte poedings, Vis en Seekos en Maalvleis en Pastei. Trefferresepte soos Ouma se Karoolamspastei (Wenresepte 7), Pampoenkoekies in stroop (Wenresepte 1), Biltongsop (Wenresepte 7) en Varkboud met lemoensous (Wenresepte 4) is ingesluit. Natuurlik het Suid-Afrikaners se soet tand nie vergete gebly nie met staatmakers soos Melktertkaaskoek (Wenresepte 3), Gemmerpoeding (Wenresepte 2000), Maaskaaskoek (Wenresepte 3) en Allerlekkerste sjokoladekoek (Wenresepte 2). Elke resep is getoets deur die bekwame Huisgenoot-kosspan en dra hul stempel van flatervrye kook- en bakgenot. Ook is daar ‘n versameling pragfoto’s wat saam met die kontemporêre uitleg sorg dat Huisgenoot Top 500 Wenresepte ‘n noodsaaklikheid sal wees in elke kombuis.

10 Responses

  1. Hi jy, dankie nou kan ek hier comment, alhoewel dit nie my eerste besoekie hier by jou is nie!!

  2. Coolness, mens kan nog altyd op my artikels comments los maar dit het my brein heeltemal ontgaan om te sorg dat die comments oop is op my tuisblad…skiesa… 😉

  3. Hello Kloppertjie… Ek het nie geweet jy het ‘n blog nie!

    Sal gereeld kom kuier. (ek hou van jou resepte!)

  4. Môre Knockertjie.

    Ek was bietjie lanklaas hier. Nice en verfrissend.

    You go girl. (maar moet nie weg gaan nie – dis net ‘n Engelse gesêgde) 😆

  5. Very nice, very nice!!!
    Sal ook hier kan kom kuier, want dit is verfrissend anders!

  6. Dankie julle, ek moet net my iburst uitsorteer dat ek weer posts kan plaas want van die werk af kry ek nie kans nie… 😉

    Toedels
    Klopper

  7. Hi julle, ek sien julle hang ook hier uit. Lekka blog Klopper. Sal gereeld hier kom inloer, iets anners.

  8. hi kloppertjie.. nice blog wat jy het. sal weer kom loer. lekker werk/huishou… of watookal als🙂

  9. Hi Klopper 🙂

    Oulik!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: