Die natuur is WONDERLIK!

 pic05200 pic074561 pic18098

pic22860 pic22925 pic31979

Toe ek die prentjies hierbo sien wat vir my aangestuur was via epos, dink ek, die natuur is darem maar wonderlik en ek admire die hele animal kingdom en hoe hulle dinge doen ens. Nou kry jy die mensdom, die spesie wat supposedly “meer breins” het, wat “evolve” het, wat supposedly “siele” het waar diere glo nie het nie (wat ek dink is ‘n pot kak, ek persoonlik, my eie beskeie opinie, dink en glo diere het ook siele), anyways, maar ons wat dinge behoort te kan beter doen as diere, hoekom kan ons nie so met absolute liefde en toewyding die lewe deurgaan nie?

Wat presies maak ons dan nou so spesiaal, terwyl ons moor, roof, steel, lieg, bedrieg, mors, en hell knows what else. Terwyl diere, se optredes slegs gaan ter wille van oorlewing en as hulle iets doen, doen hulle dit met absolute oorgawe… Niks wat hulle doen is om te kyk hoe “spiteful” hulle kan wees nie. Hulle maak slegs dood om te kan eet, en dan ook slegs wanneer nodig, en hulle mors nie. Als in die dierekringloop van oorlewing word “recycle”. Die wondere van die ekosisteem – daai kringloop waar die wurm eet plankton /alge, die wurm word geëet deur ‘n vis, die vis word gevang deur ‘n klein roofdier, die klein roofdier word gevang deur ‘n groter roofdier, die groter roofdier word gevang deur nog ‘n groter dier, en daai dier vrek, sy oorblyfsels gaan terug na moeder aarde, voed die grond, wat die wurms en insekte voed en so ook die bome en plante….en die wurms wat die plante eet, die plante wat suurstof gee  – daai hele fotosintese ding…ens ens…so kan mens sien dat die planteryk en diereryk absoluut op hul unieke manier mekaar aanvul en in “harmonie” saamleef…en hier kom Sannie en Jannie met besoedeling, fok die osoonlaag op, skiet diere dood om te brag met hul horings…gooi gebruikte plastiek in riviere, damme en die oseaan, stort giftige chemikalië met afloop pype in ons oseaan in, en ag, die lys gaan aan en aan…

 So, gedink die mensdom is absoluut spesiaal en besonder? Dink weer as jy na die blou lug kyk en jy sien ‘n arend sweef hoog bo jou kop, as jy ‘n by sien wat nektaar versprei in jou tuin van die een pragtig blom na die ander, as jy ‘n 100 jaar oue boom sien in die Knysna bos, as jy na jou vistenk kyk en jy bewonder die mooi kleure van jou vissies, as jy snorkelduik en die koraalriwwe bewonder…..dink weer… moet ons nie maar almal strewe om byvoorbeeld te wees soos die olifant bul wat vir sy vriend “totsiens” gesê het vroëer in die week toe sy “mater” beswyk het aan ‘n hartaanval nie. Ek plaas die berig hieronder. Ek was in trane toe ek dit lees en weereens dink ek….

Die natuur is absoluut. Dis allesomvattend van hoe elke mens moet streef om te wees. Onvoorwaardelik. Onselfsugtig.

 

Olifantbul groet Kruger-grote

olifantbul-groet-vriend

Schalk van Schalkwyk

 

Toeriste het in trane toegekyk hoe ’n olifantbul Saterdag afskeid geneem het van sy “vriend”, die gestorwe bul Alexander waaroor Beeld gister berig het.

Dié bul het onder meer aasvoëls en hiënas van Alexander se karkas probeer verjaag en hom probeer optel.

Alexander, een van die Krugerwildtuin se grootste ivoordraers en ’n bekende in die omgewing van die Mopani-ruskamp, is Saterdag dood. Hy het vermoedelik ’n hartaanval gekry.

Toeriste wat naby die karkas geparkeer het, het gesien hoe ’n olifantbul daar aankom en probeer om sy vriend op te tel. Die karkas was sowat 20 treë van die hoofpad af.

“Ek weet nie of hy gegroet het en of hy hom wakker wou maak nie,” het me. Susan Andjelkovac, ’n ereveldwagter, gister vertel.

Eers het die bul onder die hiënas en die aasvoëls ingeklim en hulle verjaag. Toe het hy sy groot tande onder Alexander se kop probeer indruk. Met een probeerslag het een van Alexander se tande amper sy oog deurboor.

Wildtuinpersoneel het toe reeds Alexander se hart en longe verwyder om te ondersoek en die aasdiere het ook al goed weggelê aan die sowat 6 t vleis.

Andjelkovac vertel: “Die bul het hom oral met sy slurp beruik en bevat. Toe hy hom nie met sy tande kon opkry nie, het hy op hom gaan sit. Hy het selfs op hom ge-urineer.

“Ek het so gehuil. Dit is die eerste keer dat ek so iets sien. Ek kry dit nie uit my kop uit nie. ’n Ou in ’n motor langs my en my skoonsuster het bekommerd gevra of ons oukei is, so het ons gehuil.”

Ná sowat ’n halfuur se pogings om Alexander op te kry, het die olifantbul skielik geloop. Later het dit geblyk dat hy eers gaan water drink het, want aanstons was hy weer terug.

Ná ’n verdere kwartier het hy skynbaar besef sy ou maat sal nie kan opstaan nie. Hy het toe sy slurp oor die ruggraat van die karkas geplaas en sowat ’n minuut lank doodstil gestaan voordat hy die bosse in verdwyn het.

Die aand in die kamp het van die vroue gesê hulle het lank laas soveel hartstogtelike liefde vir ’n vriend gesien. Hulle het vertel dat almal – mans, vroue en kinders – “getjank het dat die water rol”.

3 Responses

  1. hello, just wanted to tell you that the feed on your site is messed up. I was wanting to add it to my rss list but it wouldn’t work. I had a same issue on my site, it wouldn’t work a week and then somehow it just worked! I guess these issues fix themselves sometimes, lol. Anyway I thought to inform you. bye!.

  2. There are some interesting points in time in this article but I don’t know if I see all of them center to heart. There is some validity but I will take hold opinion until I look into it further. Good article , thanks and we want more! Added to FeedBurner as wellyou have a great blog here! would you like to make some invite posts on my blog?

Lewer kommentaar