Kloppertjie se Slak Special…

Bestandele:

+- 100 gram Bloukaas

1 blikkie slakke (gedreineer want die sous word nie gebruik nie)

1-2 teelepels Crushed Garlic

1-2 Eetlepels Irish Butter (of enige margarine for that matter)

250 ml Vars Room

1 eetlepel Grinded Black Pepper (of meer volgens smaak)

125ml Rooiwyn (enige tipe, ek gebruik gewoonlik ‘n droë ene)

Parsley

Snye brood  om te toast (ek toast gewoonlik so 2 snye per persoon en sny elke sny skuins in die helfte.

 

Ek smelt die Irish Butter in ‘n klein Cast iron Potjie

Gooi die garlic, swartpeper en slakke by

Braai oor hoë hitte vir maks 5 minute (onthou – temperatuur van plaat moet hoog wees anders braai jy die slakke te lank en dit word taai)

Gooi rooiwyn by en braai vir nog so ‘n minuut of 2

Draai die stoofplaat se temperatuur af na ‘n lae hitte toe.

Voeg die bloukaas by en meng tot dit gesmelt is.

Voeg helfte van die room by en prut die mengsel stadig vir so 5-10 minute, roer gereeld. 

Ek hou dan die mengsel dop en sodra ek sien dit raak stywer en is nie meer so loperig nie dan sit ek die plaat af.

Terselfdertyd toast ek solank die snye brood en as ek nog sous by die mengsel soek dan gooi ek stadig bietjie vir bietjie nog room by en laat weer prut tot die mengsel weer stywer is…

Ek skep dan die slakke in klein poedingbakkies, sprinkel so bietjie Parsley vir die mooiheid en sit elkeen se snye brood in side plates…

En siedaar! Almal eet heerlik!

Ns, ek voeg GEEN sout by nie want die garlic, bloukaas en rooiwyn gee alklaar ‘n soutsmaak aan die hele storie!

12 Responses

  1. Hie hie

    Baie dankie vir die slak resep, Kloppertjie.

    Van ‘n gewese glibberige slymerige slak 😆

  2. Groot Plesiertjie hoor!

    Ek het een keer paar jaar terug by ‘n Restaurant in Parkhurst slakke geëet wat in ‘n romerige kaassous was en van toe af kon ek die normale slakke in marg en garlic soos Spur bv dit doen net nie hanteer nie…toe invent ek maar my eie brouseltjie…hehe

  3. Is dit jou eie resep? Maar jy is handig in die kombuis. Jy moet vir ons nog van die magic resepte gee, moenie ophou….

    Het jy dalk iets soos padda boudjies? whahaha ek is nou net weer stout 😳

    (Maar mens moet altyd aan alle kante van die lyn aandag gee..)

  4. Dit lyk heerlik. Sal dit die naweek probeer. Mal oor slakke. Het jy nie ook ‘n paddabuidjie resept nie 😉

  5. He he he – julle stoutgatte!

    Jip, dis my eie konkoksie…ek het heeeel aan die begin nie bloukaas gebruik nie maar cheddar or mozzarella, toe begin ek en my man bloukaas gebruik in pasta meals, en toe kliek net eendag en besef maar hey! Bloukaas gaat mos stukke beter smaak…en dan weet ek mens kry slakgeregte met rooiwyn ook so toe kom ek op met my eie mengsel en dit werk soos ‘n bom!

    ; – )

    Parraboudjies…laat ek sien…laat ek deur my archives gaan…LOL ha ha

  6. Hi mklopper,
    Baie dankie vir die resep. Het dadelik geprint. Gaan dit probeer en jou laat weet wat my mense dink.
    Lekker middag.

  7. Kloppertjie jy moet meer skryf, jy moet weet ons lei aan erge onttrekking simptome…… help bietjie uit girl!!! 😆

    Resepte is ook reg, dit kan dalk help vir die simptome….

  8. Hi Shame Wipneusie, hoe bedoel jy nou? 😀

  9. Meen jy ek moet meer posts gooi? 😀

  10. Klink heerlik!

  11. Ja jy moet meer posts gooi! 😆

  12. Baie dankie Kloppertjie! Ek gaan altyd spesiaal by Theo’s in Willowbridge dit gaan eet. Heerlik gaan dit nou self probeer

Lewer kommentaar op mklopper Kanselleer antwoord